LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Constantia River Cottage | LekkeSlaap
+16

Constantia River Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rhodes-rylaan, Constantia, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Constantia River Cottage is 'n pragtige selfsorgkothuis op 'n privaat landgoed teen die hange van Tafelberg Nasionale Park in Constantia, Kaapstad. Hier kan gaste die rustige natuurskoon ervaar met die gefluister van die bergstroompie in die agtergrond. Die kothuis bied 'n uitsig oor die wonderskone Constantiavallei-wynlande.

Die huisie het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die hoofslaapkamer is en suite en albei kamers het koningingrootte-beddens.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg. Die eetarea het 'n etenstafel met 4 stoele. Daar is 'n studeer-area met WiFi. Die gesellige sitkamer het 'n kaggel en lei na 'n balkon met meubels en braaigeriewe.

Gaste kan gerus op warm somerdae van die beskutte swembad gebruik maak of sommer 'n bietjie ronddwaal in die pragtige tuin. Hoor hoe die uile roep en maak kennis met die inwonende skilpaaie.

Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Rhodes-rylaan, Constantia, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rhodes-rylaan, Constantia, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI0OTIzYjYwLWNmZTYtNDQ5OC1iMmRlLTBiZTNlYTllN2Q3OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000  per nag (plek vir 4) Rhodes Drive Constantia 7806 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.008488599493 18.416387617058
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!