Coral Road 2-bedroom Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 30 % af

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 7 Mei 2019 tot 31 Mei 2019.

Beskrywing

Coral Road 2-bedroom Apartment is 'n ten volle gemeubileerde en toegeruste selfsorgwoonstel in die veilige Cape Coral-kompleks. Dié woonstel is deel van die Tyger Classique-portefeulje van ten volle gemeubileerde selfsorgwoonstelle. Die Cape Coral-kompleks is net 200 m van die strand af, naby 'n MyCiTi-bushalte en net 20 km van die middestad af. Met sy pragtige strande, top-restaurante en lekker kuier-atmosfeer is Blouberg 'n bestemming wat eenvoudig móét besoek word.

Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en beskik oor toebehore, eetgerei en breekware. In die eetarea is daar 'n etenstafel met sitplek vir 4, en in die sitkamer is daar 'n platskerm-TV met satellietkanale. Die sitkamer bied toegang tot 'n privaat balkon met stoele. Gratis WiFi is beskikbaar.

Veilige parkeerplek word in die Cape Coral-kompleks voorsien.

Slaapplek

'n Bespreking by Coral Road 2-bedroom Apartment sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Coral Road 2-bedroom Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 980 R1 386 per nag (plek vir 4)

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 7 Mei 2019 tot 31 Mei 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za