Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Coral Tree Colony Bed & Breakfast

Gastehuis
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mandyweg 593, Southbroom-Noord, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 590 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Hierdie gerieflike en moderne gastehuis het 6 en suite-dubbelkamers, elk met 'n privaat ingang, ruim privaat stoep, ekstra-lengte koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens met 100% perkallinne, lugversorging. waaiers, TV, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n haardroër. Sonpaneelwaterverwarmer. Die uitsigte strek verby die Southbroom gholfbaan se 12de en 13de skoonveld al die pad tot by 'n brander-uitsig van die Indiese oseaan.

Gesetel in die rustige dorpie Southbroom aan die KwaZulu-Natalse Hibiskus-kus, het Coral Tree Colony al 'n ikoniese baken geword - 'n argitek-ontwerpte en gebou met 'n doel, is die moderne koloniale gebou, met die verandas wat die gebou omring, hoogs geskik vir die sub-tropiese klimaat. Die groot ontbyt- en eet-area loop uit op die ontbyt-patio en die inheemse tuin. Ontbyt is 'n gesellige geleentheid met chef David aan die stuur en kan soms uitrek tot laat in die oggend. Daar word ook gesorg vir diegene wat vroeg opstaan en die fynproewers.

Perfek vir 'n gholf-wegbreek met 8 wonderlike bane binne maklike ry-afstand vanaf Coral Tree Colony - en daar is 3 uitstekende strande langs Southbroom se uitgebreide kuslyn. Die hoof-swemstrand is beveilig deur beide lewensredders en haainette. Net om die draai van daar af is Granny's Pool,'n verruklike klein baaitjie met 'n getypoel, baie rotspoele en maklike toegang via 'n houtpaadjie.
Verder suid lê Marina Strand se Blouvlagstrand - hope plek vir sonbad, frisbees, sandkastele of krieket! Dolfyne van die kuslyn af word dikwels gesien, en van Junie tot November gaan daar min dae verby sonder dat walvisse opgemerk word. Southbroom is 'n malariavrye area.

Die dorpie is 'n integrale deel van die Paradys van die Zoeloekoninkryk met ongelooflike inheemse bome en struike, 'n asemrowende hoeveelheid voëls - beide vokaal en kleurvol - en 'n aantal skaam spesies wildsbokke en verskeie klein soogdiere. Die blou- en rooiduiker is endemies aan die area en mag dalk net gesien word op 1 van die 2 Natuurpaaie. Net om die draai van Coral Tree is Southbroom se baie gerieflike klein winkelsentrum - en 10 minute op die R61 op pad na Shelly Beach is daar 2 wêreldklas-inkopie trekpleisters.

'n Aantal wêreldklas-restaurante in die dorpie asook in die ouwêreldse Ramsgate langsaan, is die moeite werd om te besoek, en so ook die talryke koffiewinkels en kunswinkeltjies op en af langs die kus.Kies Coral Tree Colony te Southbroom vir jou volgende vakansie, naweek-wegbreek of oornagverblyf.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 13 resensies vir Coral Tree Colony Bed & Breakfast
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Mandyweg 593, Southbroom-Noord, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Coral Tree Colony Bed & Breakfast het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 590
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R2 590
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mandyweg 593, Southbroom-Noord, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDFlN2E5MTdmLWFmN2UtNDgxMS1hZTk2LTAzZTdkOWU3MzMwNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 590 per nag, vir 2 mense 13 5 1 5 593 Mandy Road Southbroom North 4277 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-00:00 10:00 -30.914357211884 30.322501659393