Panorama-roete Akkommodasie by Coral Tree Cottage | LekkeSlaap
+8

Coral Tree Cottage

8 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Hazey River, , Witrivier, 1240, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 950 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Coral Tree Cottage is een van verskeie eenhede, elk onder privaat besit en met slaapplek vir 6, in die veilige Hazey River Reservaat op die R40 tussen Witrivier en Hazyview aan die oewer van die Da Gama-dam. By die Hazey River Reservaat sal jy rus en vrede vind. Daar is 'n oorvloed voëllewe en die inwonende visarende sal jou soggens wakker maak.

Al die eenhede bestaan uit 3 slaapkamers, 2 en suite-badkamers, 'n volledig toegeruste kombuis met graniettoonbanke, 'n oopplan-leefarea, 'n kaggel, DStv en 'n onderdak-braaiplek. Daar is 'n plonspoel met uitsigte oor die dam en onderdak-parkeerplek is beskikbaar. 24 uur-sekuriteitpatrollie is beskikbaar op die perseel.

Aangesien ons na aan die Da Gama-dam is, is daar visvang-geleenthede beskikbaar vir die beginner asook die ervare hengelaars wat graag lyn natmaak saam met al die ander doendinge wat die Laeveld bied. Daar is 'n staproete al langs die water af. Die 4-ster Hulula Lakeside Lodge is ook in die reservaat geleë. Dit is stapafstand vanaf die eenheid en jy is welkom om by die lodge aan te klop vir 'n ete of 'n drankie by die beroemde Rock Inn Bar. Bespreek 'n skemerkelkie-bootvaart van 'n uur lank op die Da Gama-dam, of gee jouself oor aan 'n pamperlangsessie by die Freyja Lakeside Spa.

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 8 resensies vir Coral Tree Cottage
Netheid
4.1/5
Diens
3.9/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Hazey River, , Witrivier, 1240, Mpumalanga
  • Gaste dink Coral Tree Cottage het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Panorama-roete Mpumalanga
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Hazey River, , Witrivier, 1240, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZiMzIzM2M3LWZhMzQtNGIyMC04NThiLTcwMTc3Yjc1MjM0MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 950  per nag (plek vir 6) 8 5 1 5 Hazey River Lakeview Estate 1240 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 09:00 -25.161388888889 31.010277777778
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za