Corlia’s Luxury Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Corlia’s Luxury Guest House is 'n luukse huis in die veilige en rustige woonbuurt Waterkloofrif in Pretoria.

Die verblyf bestaan uit 3 slaapkamers wat elk 'n dubbelbed of koningingrootte-bed met slaapplek vir 2 gaste het. Elke slaapkamer het sy eie en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Skoon linne en handdoeke word voorsien.

Daar is koffie- en teemaakgeriewe in elke kamer.

Gaste het ook toegang tot die gemeenskaplike leefkamers, die swembadarea en gratis, onbeperkte WiFi en DStv.

'n Wasmasjien en 'n tuimeldroër is beskikbaar en gaste het beperkte toegang tot die kombuis.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Gaste word met aankoms met 'n verwelkomingsdrankie bederf en kry 1 gratis drankie saam met aandete. Ontbyt is ook teen 'n addisionele fooi beskikbaar en voorsiening kan gemaak word vir spesiale dieetvereistes indien dit vooraf gereël word. Aandete is ook beskikbaar indien dit vooraf gereël word.

Die gastehuis is naby O.R. Tambo Internasionale Lughawe en winkelsentrums. 'n Pendeldiens na die lughawe of Gautrein kan ook gereël word. Uber is ook beskikbaar in die area.

Die Universiteit van Pretoria, die Universiteit van Suid-Afrika, mediese sentrums, die Pretoria Buiteklub, Waterkloof Gholfbaan, Loftus Versfeldt Rugbystadion, Groenkloof Natuurreservaat, Austin Robbert Voëlpark en ander plekke van belang is binne bereik.

Gedurende die feesseisoen kan gaste die bekende Lawleystraat se kersliggies gaan bewonder of 'n skemerkelkie gaan drink by die uitkykpunte met die beste uitsigte oor Pretoria, soos Fort Klapperkop en Schanskop.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Corlia’s Luxury Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za