Corner Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Corner Cottage bied gehalte verblyf vir 'n gesin of groep vriende in Strand. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Die dubbelverdiepingkothuis beskik oor 1 slaapkamer en het slaapplek vir 4 gaste. Die kamer op die grondverdieping het 'n stapelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die hoofslaapkamer is in die solder en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Beddegoed en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien.

Die sitarea het gemaklike banke, 'n ingeboude braai en 'n TV met DStv. Die sitarea het oorgenoeg sitplek waar gaste hul maaltye kan geniet.

Die eenheid het 'n stoep met 'n ingeboude braai.

Daar is veilige parkeerplek is op die perseel agter 'n elektroniese hek.

Slaapplek

'n Bespreking by Corner Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Corner Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za