LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Corner Cottage and Corner Studio | LekkeSlaap
+28

Corner Cottage and Corner Studio

7 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van der Stel-straat 3, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Corner Cottage en Corner Studio bied gehalteverblyf vir 'n gesin of paartjie in die Strand. Dit is 2 eenhede op dieselfde erf as die eienaar, maar beide het aparte ingange. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede en stapafstand van die swemstrand.

Corner Cottage is 'n dubbelverdiepingkothuis wat beskik oor 2 slaapkamers en het plek vir 5 gaste. Die kamer op die grondverdieping het 'n stapelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die hoofslaapkamer is op die tweede verdieping en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien. Die sitarea het gemaklike banke. Daar is 'n ekstra enkelbed onder die trap in die eetarea vir 'n 5de gas. 'n Ingeboude braai en 'n TV met DStv sowel as WiFi is ingesluit.

Corner Cottage het sy eie buite-area met 'n buitebraai en 'n aparte ingang. Daar is plek agter die elektriese hek vir slegs 1 voertuig. Die perseel is nie geskik vir enige funksies of partytjies nie.

Corner Studio is op die hoek van die erf met sy eie privaat ingang en beskik oor 'n oopplan-leefarea met 'n koningingrootte-bed, 'n aparte badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak, en die eenheid het sy eie kombuishoekie en 'n klein, private buite-area, geen braaigeriewe is by hierdie eenheid beskikbaar nie. Die kombuisie is toegerus met 'n mikrogolf, ketel en 'n yskas-vrieskas. Basiese breekware en eetgerei vir selfsorg is ingesluit. Handdoeke en beddegoed word voorsien. Daar is veilige parkeerplek vir 1 voertuig op die perseel in die motorhuis. DStv en WiFi is ingesluit.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 7 resensies vir Corner Cottage and Corner Studio
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Van der Stel-straat 3, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Gaste dink Corner Cottage and Corner Studio het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van der Stel-straat 3, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4KwBjrgRC0dnHNFXfMv9mp14fjsJb4niyiEnO6h3u8M69pZVTv?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750  per nag (plek vir 2) 7 5 1 5 3 Van der Stel Street Strand 7140 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-21:00 10:00 -34.106829207366 18.822922065718
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!