Cornwall Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cornwall Cottage is 'n bekoorlike selfsorgkothuis wat oor die hawe in Simonstad uitkyk. Die eenheid is ideaal geleë naby die strand, restaurante, die vlootbasis en ander besienswaardighede in die omgewing.

Die kothuis is stylvol ingerig en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed en die tweede kamer bevat 'n dubbelbed. Albei slaapkamers het plafonwaaiers. Die badkamers het storte en baddens. Die kombuis is ten volle toegerus met alle kosmaaktoebehore, asook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien.

Die sitkamer bied 'n gemaklike rusbank, 'n kaggel en 'n TV met volledige DStv. Gratis WiFi word in die kothuis voorsien en daar is 'n braaiplek buite vir gaste se gebruik.

Parkeerplek is op die straat vir 1 voertuig beskikbaar. Cornwall Cottage is net 10 minute se ry van Boulders-strand en Simonstad se buiteklub af. Die eiendom is 10 tot 15 minute se ry vanaf Vishoek en Kalkbaai af.

Slaapplek

'n Bespreking by Cornwall Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cornwall Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 900 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false