Paradyskloof Akkommodasie by Coronata20 B&B | LekkeSlaap
+16

Coronata20 B&B

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Coronatastraat 20, Paradyskloof, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 550 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Coronata20 is 'n luukse B&B in 'n rustige woonbuurt genaamd Paradyskloof, net 'n paar minute vanaf die middedorp van die pragtige universiteitsdorpie Stellenbosch, die tweede oudste dorp in Suid-Afrika.

Paradyskloof is 'n woonbuurt van Stellenbosch langs die R44-hoofweg wat Stellenbosch met Somerset-Wes verbind. Dit is net 5 minute se ry van Stellenbosch se middedorp af, 15 minute se ry van Somerset-Wes af, 20 minute se ry van Kaapstad Internasionale Lughawe af en 30 minute van Kaapstad se sakekern af. Paradyskloof is langs die rotsagtige Stellenboschberghange en skilderagtige wingerde van verskeie bekende wynplase.

Coronata20 B&B is 'n basis vanwaar gaste Technopark vir sake, uitstekende gholfbane en ander besienswaardighede in die streek kan besoek. Ons 3 pragtige versierde kamers is en suite en het tee- en koffiemaakgeriewe, plafonwaaiers, satelliet-TV en gehalte-linne op gemaklike beddens. 'n Smullekker ontbyt word of op die patio, of langs die swembad, of in die eetkamer voorgesit.

Gaste het ook toegang tot 'n sitarea met 'n knus kaggel waar jy 'n komplimentêre glas wyn of sjerrie van die streek kan geniet. Coronata20 B&B het maklike toegang tot die Stellenbosch-wynroete via die R44. Ons is naby die geriewe en 'n paar minute van top-restaurante af. Dit is die ideale basis vanwaar jy die Wes-Kaap kan verken.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 4 resensies vir Coronata20 B&B
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Coronatastraat 20, Paradyskloof, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Coronata20 B&B het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 550
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 550
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Coronatastraat 20, Paradyskloof, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGIxM2U5ZjhiLTUzZmItNDdlOC1iNDcyLThiMzIzMDg0ZmNiOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 550  per nag (vir 2 persone) 4 5 1 5 20 Coronata street Paradyskloof 7600 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.9630579 18.854722
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za