Cosy Bohemia

Voeg by Gunstelinge

 

Blits-aanbod! 30 % af

Kry 30% af vir verblyf voor 31 Oktober 2019

TYD OOR OM TE BESPREEK

Dae

Ure

Min

Sek

Beskrywing

Cosy Bohemia is 'n woonstel op die eienaar se eiendom in George. Die eiendom is ideaal naby die middedorp geleë en is ongeveer 19 km vanaf George Lughawe.

Dié bekoorlike privaat tuinwoonstel het sy eie ingang en parkeerplek op die perseel. Die eenheid beskik oor 'n oopplan-uitleg en het 'n koningingrootte-bed, 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n tafel met 2 stoele. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is heelwat ingeboude kaste.

Langs die bed is 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, ketel, Nespresso-koffiemasjien, broodrooster, eetgerei en breekware. Tuisgemaakte maaltye kan voorsien word mits vooraf gereël word. Gratis WiFi is in die woonstel beskikbaar. Gaste is welkom om in die binnetuin te sit.

Cosy Bohemia is ook 5 minute se stap vanaf die woud met verskeie voetpaadjies, 10 minute se stap vanaf Georgedam, en ongeveer 4 km vanaf die Garden Route Mall en 12,5 km vanaf Wildernis.

Die eienaars woon op die eiendom met hulle troeteldiere en sal byderhand wees om enige vrae te beantwoord of bystand te bied vir raad rakende die gebied.

Slaapplek

'n Bespreking by Cosy Bohemia sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cosy Bohemia gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 R595 per nag (plek vir 2)

Kry 30% af vir verblyf voor 31 Oktober 2019

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za