Cosy Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cosy Cottage is 'n selfsorg-eenheid op die eienaar se perseel in die gesinsvriendelike voorstad Miramar in Port Elizabeth. Die eenheid is ideaal vir langtermynverblyf en word 1 keer per week skoongemaak. Die eienaar het 'n kat en 'n hond op die perseel.

Die kothuis het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en in die badkamer is daar 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. Gratis koffie, tee, beskuit en 'n vrugte- en peuselhappie-bak word met aankoms voorsien. Die eetarea het sitplek vir 2 gaste en in die sitkamer is daar 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi word voorsien.

Die eenheid het 'n privaat ingang en onderdakparkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cosy Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za