Country Cottage 31

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Country Cottage 31 is op 'n residensiële erf op die High Riding Country Estate in Somerset-Wes geleë. Dit bied gehalte-verblyf aan sakereisigers en vakansiegangers. Dis naby verskeie winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede.

Die oopplan-eenheid het 'n privaat ingang en beskik oor 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Handdoeke, toiletware en linne word voorsien.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Daar is 'n ontbyttoonbank waar gaste hul maaltye kan geniet.

Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n slim-TV met Netflix. Gaste het ook toegang tot onbeperkte WiFi. Daar is ander geriewe soos 'n kaggel en 'n werkstasie vir sakereisigers.

Beurtkrag sal nie die elektrisiteitstoevoer beïnvloed nie.

Daar is lieflike braaigeriewe op 'n privaat dek waarvan gaste gebruik kan maak.

Die woonstel is op 'n veilige landgoed wat omring word deur verskeie toprestaurante, fantastiese wynlandgoedere, gholfbane en strande.

Dis die ideale ligging vir lekker daguitstappies en doendinge. Kaapstad is sowat 45 minute weg.

Gaste kan op die landgoed se 8 km lange grens wandel of fietsry of 'n piekniek by die lieflike dam geniet. Die eienaars woon in die hoofhuis en is beskikbaar vir bystand of raad.

Slaapplek

'n Bespreking by Country Cottage 31 sluit in:

1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Country Cottage 31 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za