Country Paradise House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Country Paradise House is 'n pragtige privaat selfsorghuis wat aan die voorheuwels van die Swellendamberge geleë is en bied maklike toegang tot voetslaan- en bergfietsroetes. Die pragtige huis het luukse afwerkings en is vir gaste se eksklusiewe gebruik tydens hul verblyf. Dit is ideaal vir gesinne of klein vriendegroepe. Dis baie privaat geleë.

Country Paradise House het slaapplek vir tot 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 volledige badkamers en 'n gastetoilet. Daar is ook 'n ruim oopplan-kombuis, -eetarea en 'n -leefarea.

Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer en aantrekkamer. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed, en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n oond en 'n stoof, 'n mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser en ander klein toebehore. Die ontbyttoonbank het 'n granietblad en stoeltjies, en daar is ook volledig wasgoedgeriewe vir gaste se gerief. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste. Die TV-kamer het 'n kaggel en 'n platskerm-TV met DStv.

Buite is daar 'n beskutte patio met buitemeubels en 'n vermaakarea met 'n swembad, sonstoele, 'n lapa en vrystaande braaigeriewe. Die perseel is heeltemal omhein en die huis word beveilig met 'n alarmstelsel. Veilige parkeerplek op die perseel is ook beskikbaar.

Die huis bied ruim, luukse verblyf en het 'n rustige atmosfeer wat deur die pragtige, groot tuin geskep word. Swellendam is 'n historiese dorpie, die derde oudste in Suid-Afrika, en gaste kan die Drostdy Museum en verskeie ander geskiedkundige geboue besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by Country Paradise House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Ondervloerse verhitting

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Country Paradise House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 800 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za