Cozy Inn

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cozy Inn is 'n gastekamer in die eienaar se huis in Somerset-Wes. Dit is ideaal vir 1 persoon of 'n paartjie wat op soek is na 'n gemaklike oornagplekkie naby verskeie geriewe.

Die kamer het 'n privaat ingang, is smaakvol versier en beskik oor 'n dubbelbed met toegang tot 'n privaat badkamer oorkant die gang. Dié kamer het ook 'n klein kombuisie, tee- en koffiemaakgeriewe en gratis koffie, tee, melk en beskuit. Toiletware en handdoeke word voorsien. Veilige parkeerplek agter sekuriteitshekke is beskikbaar vir 1 voertuig. Die eienaar het ook vriendelike waghonde op die perseel.

Cozy Inn is 5 tot 15 minute se ry vanaf die winkelsentrum, restaurante en die strand. Die eiendom is ook 40 minute se ry vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe, en stapafstand van Vergelegen Mediclinic.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cozy Inn gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R350 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za