Cozy Sands

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cozy Sands is 'n selfsorgwoonstel met slaapplek vir 4 in Gordonsbaai.

Dié woonstel is op die tweede verdieping in 'n kompleks met slegs trappe. Die eenheid beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die eerste badkamer is en suite en het 'n stort, terwyl die tweede badkamer 'n bad het.

Die kombuis is toegerus met 'n tweeplaat-induksiestoof, mikrogolf, yskas, eetgerei, breekware, skottelgoedwasser en wasmasjien. Die oopplan-leefarea het 'n TV met DVD-speler en DStv is op versoek teen ekstra koste beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n balkon met 'n draagbare braai en houtskool word self voorsien. Die balkon bied 'n uitsig op die berge en oor Valsbaai. Veilige onderdakparkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Die eenheid is ongelukkig nie troeteldiervriendelik nie en rook is verbode. Die eenheid is nie beskikbaar vir partytjies of funksies nie. Die kompleks het 'n swembad, maar as gevolg van die droogte is dit nie beskikbaar nie.

Cozy Sands is net 1 km van die strand af waar jy kan swem en ander watersport geniet, asook restaurante en die Gordonsbaai Mall. Jy kan ook verskeie wynplase in die omgewing besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by Cozy Sands sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cozy Sands gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za