Craighross Castle

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Craighross Castle is langs die Noetzie-strand en bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n pragtige villa met 'n asemrowende uitsig oor die see en die strand, net 10,8 km van Knysna af.

Die ruim villa beskik oor 6 slaapkamers en bied slaapplek aan 13 gaste. Dis ideaal vir gesinne of groepe vriende. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n koninggrootte-bed. Dié slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n instapstort, 'n sitarea met 'n gaskaggel en toegang tot 'n stoep met 'n lieflike see-uitsig.

Die ander slaapkamers is op die grondverdieping en 4 van die slaapkamers het elkeen 'n koninggrootte-bed. Hierdie slaapkamers het elkeen 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, en 2 van die kamers het uitsigte oor die see. 'n Kinderslaapkamer wat as 'n speelkamer gebruik word, is met 3 enkelbeddens ingerig.

Die villa het ook 'n ruim kombuis en aangrensende opwaskamer. Die kombuis is met 'n kookplaat, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, ketel, broodrooster, genoeg eetgerei, breekware, kookpotte en toebehore toegerus. 'n Toonbank en bedienluik met stapeldeurtjies verbind die kombuis met die eetkamer.

In die hartjie van die villa is daar 'n lig en lugtige sit- en eetarea met 'n kaggel, TV met sekere DStv-kanale, DVD-speler en 'n iPod-musiekstasie.

Die leefarea lei na 'n beskutte stoep met 'n strand- en see-uitsig. Dis die ideale omgewing vir buitelug-etes en skemerkelkies.

Die strand, rotsagtige uitlopers, kronkelende Noetzierivier en die agtergrond van die kranse wat met fynbos bedek is, vorm deel van 'n uitstekende natuurbewaringsgebied.

Slaapplek

'n Bespreking by Craighross Castle sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 6 - Huisves 3 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Craighross Castle gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R9 200 per nag (plek vir 13)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za