LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Craigleith Beach Cottage | LekkeSlaap
+18

Craigleith Beach Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 22, Melkhoutweg 40, Die Eiland, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 920 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Craigleith Beach Cottage is 'n selfsorg-vakansiehuis op Die Eiland in Groot-Brakrivier. Die kothuis is reg op die strand met onbelemmerde uitsigte oor die see en strandmeer. Groot-Brakrivier is op die Tuinroete, halfpad tussen George en Mosselbaai, net sowat 15 minute vanaf George Lughawe.

Craigleith Beach Cottage het slaapplek vir tot 12 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea, 'n aparte hut en 'n buitestort.

Die eerste en tweede slaapkamers het koningingrootte-beddens en wasbakke. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n stapelbed. Die vierde slaapkamer is lekker klein en knus met 'n stapelbed. Die eerste badkamer het 'n bad, stort en toilet en die tweede badkamer het net 'n stort en toilet.

Die aparte hut het sy eie ingang en 2 enkelbeddens. Dié kamer het nie 'n en suite-badkamer nie, maar is naby 'n buitestort en toilet.

Die selfsorgkombuis het 'n gasstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser en wasmasjien. Die sitkamer het 'n TV met opsionele DStv en 'n uitsig oor die strand. 'n Weber-braai word voorsien. Die kothuis is troeteldiervriendelik, so jy kan gerus jou mooi geleerde viervoetige kinders saambring. Daar is 3 parkeerplekke vir die kothuis.

'n Hekkie lei vanaf die tuin direk na die strand en strandmeer. Daar is 'n tennisbaan op die eiland en 'n speelterrein vir kinders. Dis lekker privaat en afgesonder met maklike toegang tot winkels en restaurante.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Erf 22, Melkhoutweg 40, Die Eiland, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 920
per nag (plek vir 12)
Vanaf R3 920
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 22, Melkhoutweg 40, Die Eiland, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRjMzFkMTkyLWNjZTMtNDEzOC1hNjkyLWY2YzZiMmE2Y2ZiNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 920  per nag (plek vir 12) Plot 22, 40 Melkhout Street The Island 6525 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.054030552487 22.239421634004
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!