Craven Annex

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Craven Annex is 'n privaat eenheid in 'n baie stil en veilige kompleks met 'n sekuriteitshek in Vishoek ,met sy eie, aparte ingang, tuin en parkeerplek. Clovelly se gholfbaan is net 15 minute se stap ver en Vishoek se strand is net 10 minute se stap ver. Die prentjiemooi vissersdorpie, Kalkbaai, met sy unieke winkels, restaurante, kroeë en die teater is stapafstand van die eenheid af.

Besoek die bekoorlike marienedorpie, Simonstad, met sy pragtige hawe, winkels en restaurante. En kyk hoe die pikkewyne naby Boulders Beach speel. Besoek die nuwe Harbour Bay Winkelsentrum in Glencairn of probeer een van die gewilde restaurante wat oor die baai uitkyk.

Die anneks beskik oor 3 kamers en is gemaklik ingerig vir 'n paartjie vir verblyf van maks. 5 aande. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 'n klein TV-area met 'n rusbank, 'n etenstafel en 'n kombuisie met 'n yskassie en 'n mikrogolfoond. Koffie, tee, melk, beskuit en ontbytpap word voorsien. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, 'n toilet en 'n wasbak. Toiletware en 'n haardroër word voorsien.

Daar is ook 'n klein tuintjie met 'n bankie, tafel en stoele vir gaste se privaat gebruik, waar jy 'n uitsig op die berge het. Ongelukkig word geen ekstra besoekers toegelaat nie. Ongelukkig kan die anneks nie meer as 2 volwassenes akkommodeer nie en dit is ook nie geskik vir kinders.

Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Craven Annex sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Craven Annex gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za