Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Crimson Bush Lodge

Selfsorg
  • Kapasiteit: 20 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dewagendrift Plaas, Erfdeel 6, Welgevonden, Dinokeng Wildreservaat, 9440, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Crimson Bush Lodge is in die Dinokeng Wildreservaat en is slegs 40 km vanaf Pretoria. Die reservaat spog met die Groot Vyf en is ideaal vir natuurliefhebbers.

Dié lodge beskik oor 2 chalets waarvan een slaapplek vir 4 gaste het en die tweede chalet het 8 aparte suites met slaapplek vir 2 in elk. Die eenhede het lugversorging en privaat en suite-badkamers. Die lodge is die ideale wegbreek vir paartjies of gesinne wat van die stad se gejaag wil ontsnap.

Chalet 1 beskik oor 2 slaapkamers wat elk ekstra-lang koninggrootte-beddens het wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die kamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n opelug spabad.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is 'n eetarea en 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv-kanale. 'n Daaglikse skoonmaakdiens , swembad en braaigeriewe is ingesluit.

Chalet 2 is 'n losstaande eenheid en beskik oor 8 suites met elk 'n ekstra-lang koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Elke suite het 'n en suite-badkamer, toilet en 'n wasbak. Vier van die suites het 'n patio met 'n uitsig oor die watergat.

Suites 7 tot 10 is deel van die Private Collection-kamers wat ook elk ekstra-lang koninggrootte-beddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak het. Die eenhede is ten volle privaat en ideaal vir gaste wat op soek is na afgeleë verblyf. Die kamers he t'n patio en 'n privaat binnehof met 'n buitestort met koue water.

Elke suite het 'n kombuis met 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Verder is daar ook 'n TV met DStv en 'n patio me t'n ingeboude braai. Hierdie suites word daagliks skoongemaak.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Portugees

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 55 resensies vir Crimson Bush Lodge
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Johan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 55

Jaar gelys 4

Ligging

  • Dewagendrift Plaas, Erfdeel 6, Welgevonden, Dinokeng Wildreservaat, 9440, Gauteng
  • Gaste dink Crimson Bush Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dewagendrift Plaas, Erfdeel 6, Welgevonden, Dinokeng Wildreservaat, 9440, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAef7f1110c56711730e80fb462a621985953c85d69f6b6209c2ae1c44894a1500405525c67f7def191582c396e7c59f084b88?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 55 5 1 5 Dewagendrift Farm, Portion 6 Welgevonden 9440 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.351362 28.378672833333
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem