Croydon Country House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die bekoorlike Kaapse huis is in die hartjie van die Kaapse Wynlande in 'n veilige boetiekwynplaas met 24 uur-sekuriteit. Dit is naby aan die Strand, wynplase, Stellenbosch ('n historiese dorpie) en Somerset Winkelsentrum.

Die huis het 4 slaapkamers, 4 badkamers (2 en suite), 'n pragtige onderdakbraai-area langs die swembad waar gaste kan ontspan terwyl hulle oor die wingerde uitkyk. Kom kuier op die knus, braai-stoep met oorgenoeg sitplek, 'n groot braai en 'n tafel met sitplek vir 8. Daar is ook 'n binnebraai en 'n vintage-styl kroeg in die TV-kamer wat met 'n uitsig oor die wingerde spog. Die landelike oopplan-kombuis is die perfekte plek vir bak en brou terwyl jy 'n geselsie met jou vriende en familie aanknoop. Daar is ook 'n sitarea langs die eetkamer en die aparte TV-kamer met lugversorging is langs die kombuis en is lekker rustig en privaat.

Die hoofslaapkamer is apart van die ander kamers af en het 'n koningingrootte-bed met 'n en suite-badkamer met 'n groot stort, 2 wasbakke en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 2 wasbakke. Die derde slaapkamer het 'n driekwartbed en die vierde slaapkamer het 1 enkelbed. ('n Ekstra bed of matras kan gereël word indien nodig.) Kamer 3 en 4 deel 'n badkamer met 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n gastebadkamer met 'n toilet en 'n wasbak.

Ontspan langs die swembad met 'n glasie wyn van die landgoed af en geniet die uitsig oor die pragtige wingerde of gaan stap in die landgoed al langs die pragpaadjie na die dam en bewonder die uitsig oor Tafelberg. Daar is 'n volledig toegeruste gimnasium en 'n swembad (25 m) wat gaste mag gebruik (gratis). Die Helderberg-bergfietsroete is langs die landgoed geleë en spog met 'n uitsig oor die wingerde en die see.

Die jongspan kan in die swembad baljaar of met hulle fietse gaan rondry. Die klubhuis het ook 'n groot grasperk waar die kinders kan speel en daar is 'n kinderspeelpark met 'n klimraam en swaaie.

Geriewe sluit in gratis WiFi, Dual-view DStv en beddegoed vir al 4 slaapkamers. Daar is parkeerplek in die motorhuis. 'n Skoonmaakdiens kan op Dinsdae en Vrydae gereël word. Bring asb. jou eie handdoeke saam.

Ons is 30 minute van die middestad en die Waterfront af geleë en die Waterstone Winkelsentrum met 'n baanbreker Woolworths, koffiewinkels, restaurante en die Root 44- en Lourensford-markte is net 10 minute van ons af. Kom geniet die rus en vrede van die wynlande en vergeet van die stad se gedruis.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Croydon Country House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]