Crystal Sands Gastehuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Crystal Sands is 'n luukse 4-ster-gastehuis wat ideaal geleë is naby Rustenburg se sakekern, die Royal Bafokeng Stadion en 40 minute van Sun City af. Ons bied akkommodasie met lugversorging aan sakereisigers en vakansiegangers.

Ons gastehuis het 10 stylvolle en suite-slaapkamers. Agt van dié kamers is gemeubileer met dubbelbeddens en die ander 2 het elkeen 2 enkelbeddens. Elke kamer is toegerus met 'n TV, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n lessenaar, haardroër en 'n kluis.

Ons sit 'n volle Engelse ontbyt in die eetkamer voor. Gaste kan op versoek middagete, middagetepakkies of aandetes ontvang. Ons eetkamer het plek vir 25 - 30 gaste en kan as venue vir konferensies of funksies gebruik word. Gaste kan gerus ontspan in ons sitarea en die groot platskerm-TV benut of braai op die stoep buite. Parkeerplek is beskikbaar op die perseel met 'n sekuriteitsheining en -hek wat elektries beheer word.

Besienswaardighede in die omgewing sluit Sun City, Pilanesberg, Kgaswane Bergreservaat, Rustenburgkloof, Magalies Canopy Tour, Waterfall Winkelsentrum en 'n verskeidenheid restaurante in.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Crystal Sands Gastehuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za