Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Crystal Waters

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kromme Rivierlandgoed 23, Boschkloof, St. Francisbaai, 6300, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 200 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Crystal Waters bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n rivierfronthuis met lieflike uitsigte vanuit amper elke kamer. Dié vyfslaapkamerhuis is 6,6 km vanaf St. Francisbaai op 'n veilige landgoed. Die huis is net ver genoeg van die gewoel van die kusdorpie, maar tog na genoeg om iets te gaan koop indien nodig.

Die huis het 5 slaapkamers, 4 badkamers en 'n gastetoilet. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde en vierde slaapkamer het elk 'n dubbelbed. Die vyfde kamer het 3 enkelbeddens. Die huis en 'n bad en stort.

Om te verseker dat gaste heel jaar deur kan braai, is daar 'n binne- en buitebraai asook 'n pizza-oond. Die kombuis is oopplan met die leefarea en daar 'n opwaskamer wat netjies weggesteek is. Die kombuis het 'n toonbank, 2 yskaste, oond en stoof, skottelgoedwasser en 'n mikrogolf. Die sitarea het 'n TV met DStv.

Ontspan op die dek wat 'n uitsig oor die rivier het met 'n boek of speel speletjies in die speletjieskamer wat 'n snoeker- en tafeltennistafel en legkaarte het.

Die jetty en skeepspoor is net 200 m van die huis af vir diegene wat mal is oor watersport en visvang. Privaat ankerplek is beskikbaar so bring jou boot en geniet als wat die Krommerivier het om te bied. Die rivier is ideaal vir kanovaart en staanroei en daar is 'n kano by die huis wat gaste mag gebruik.

'n Omsetter is beskikbaar vir die ligte, TV en WiFi gedurende kragonderbrekings.

St. Francisbaai het 2 gholfbane in die dorp en mooi strande waar gaste kan swem en branderplankry. Daar is verskeie restaurante van Port St. Francis na St. Francisbaai.

Slaapplek

’n Bespreking by Crystal Waters sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 3 persone
3 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Frans

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Dvd
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 3 resensies vir Crystal Waters
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Kromme Rivierlandgoed 23, Boschkloof, St. Francisbaai, 6300, Oos-Kaap
  • Gaste dink Crystal Waters het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kouga-Omgewing Oos-Kaap
Vanaf
Vanaf R3 200
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R3 200
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kromme Rivierlandgoed 23, Boschkloof, St. Francisbaai, 6300, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA81CiwU67EbsRkg7JJwSMa6twNFRW48OuI2O4krMbhgQ8eWjI3N?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 200 per nag (plek vir 8) 3 5 1 5 23 Kromme River Estate Boschkloof 6300 Oos-Kaap 021 201 8901 16:00-19:00 10:00 -34.122435286511 24.795985951649