Crystalvilla Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Crystalvilla Guesthouse bied stylvolle, gerieflike en veilige verblyf in West Beach, 'n spogwoonbuurt in Blouberg. Dié gastehuis is in 'n rustige omgewing, het 'n holistiese atmosfeer en is stapafstand van Blouberg se pragtige strand af. Bloubergstrand is veral gewild onder seilplankryers en vlieërbranderryers, en die uitsigte op Tafelberg is asemrowend.

Ons het 4 slaapkamers wat mooi versier is. Elke kamer is toegerus met 'n en suite-badkamer, yskassie, gasvryheidskinkbord, TV en WiFi. Van die kamers het ook skuifdeure wat lei na die swembad en die tuin.

Sit gerus aan vir 'n heerlike ontbyt in die knus eetkamer na 'n soete nagrus, en sluit jou bedrywige dag af met 'n skemerkelkie op die dek langs die swembad. Hierna kan jy een van die bekende restaurante besoek wat stapafstand van Crystalvilla Guesthouse af is.

Die gastehuis is ook lekker naby winkelsentrums, OTM'e, banke, hospitale, gimnasiums en wasserye. Dit is ook net 20 minute se ry van die middestad, Tafelberg en die V&A Waterfront af. En al wat tussen ons gaste en die wêreldbekende wynplase en die lughawe staan, is 'n rustige tydjie agter die stuur.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Crystalvilla Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R990 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za