Curvy Road Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Curvy Road Accommodation is in Blairgowrie, Randburg en bied gehalte-verblyf vir 'n gesin of groep vriende. Dis naby verskeie winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede, asook Sandton City, Hyde Park en Rosebank Centres vir sakereisigers.

Verblyf word in 2 eenhede gebied wat elk slaapplek vir 6 gaste het. Die eenhede kan apart of saam bespreek word. Elke eenheid het 3 slaapkamers wat koningingrootte-beddens het. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n ovaalbad, toilet en wasbak. Die tweede badkamer het 'n ovaalbad, stort, toilet en wasbak.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Die oopplan-sitarea het gemaklike banke en 'n TV met DStv. Die eetarea het oorgenoeg sitplek. Gratis WiFi word voorsien.

Daar is lieflike braaigeriewe en veilige parkeerplek op die perseel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Curvy Road Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 820 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za