Cycad Guest Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ons hier by Cycad Guest Lodge in Sedgefield bied 2 luukse, volledig ingerigte vakansiewoonstelle, vanwaar jy die pragtige omgewing van die Tuinroete kan geniet. Die gaste-lodge het onvergeetlike uitsigte van Gerickespunt in die see, die Swartvlei-trandmeer, natuurlike sandduine, Fynbos en die Outeniquaberge. Die sonsondergang is vernaam in Desember iets wat jy altyd sal onthou.

Cycad Guest Lodge is selfsorg en is geleë in Sedgefield, in die hart van die Tuinroete, en is 'n moderne selfsorg lodge met asemrowende uitsigte oor die Sedgefield area. Ons is 20 km van Knysna geleë in die rustige deel van Sedgefield. Van hierdie basis kan jy die Tuiroete op jou gemak verken. Vermy die besige frustrasie van oorbevolkte vakansieplekke of duik reguit daarin.

Sedgefield bied puik buitemuurse aktiwiteite soos kanoovaart, staproetes, voëlbesigtiging, en valskermsweef wat kers vashou met die beste van die Weskus. Ons bied 2 luukse, volledig ingerigte vakansiewoonstelle, asook 'n moderne huis op die boonste vlak vir 'n groter groep.

Elke eenheid het kaarte en pamflette van 'n wye verkeidenheid buitemuurse- en ander aktiwiteite in die area.

Vervoer na en van George Lughawe kan gereël word deur ons plaaslike motorhuurmaatskappy.

Toere kan gereel word na die Kango Grotte (Oudtshoorn), Featherbed Natuurresevaat (Knysna), Monkeyland (Plettenbergbaai), Roete 62 (vir die wynliefhebbers), en vele meer. Dui asseblief aan op jou besigtigings voorkeure wanneer jy bespreek en ons sal u help.

Daar is pubs, kitskosrestaurante, en restaurante plaaslik in Sedgefield of Wildernis (23 km weg) of Knysna (20 km weg), en jy sal 'n keuse hê tussen die beste restaurante op die Tuinroete.

Verskeie georganiseerde staproetes kan bespreek word, asook verskeie fietsroetes vir die fietsry entoesiaste.

Die Wildernis Nasionale Park is een van vele voëlbesigtigings-plekke waar jy dalk net die bekende roep van die Visarend kan hoor.

Die Knysna Woud, waar jy die teenwoordigheid van die Woud Olifante kan aanvoel, en kry 'n kykie na die heldergekleurde Knysna Loerie (Turaco), dit is 'n ervaring wat jy nie kan misloop nie - verskeie maniere om die area so te verken is beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cycad Guest Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za