Daddy Long Legs Self-Catering
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langstraat 263, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 18
- Vanaf R600 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Daddy Long Legs Self-Catering is in Langstraat in die middel van Kaapstad geleë en bied 'n unieke ervaring met modieuse, lewendige maar steeds bekostigbare verblyf. Daddy Long Legs bied 5 verskillende ruim, stylvolle, selfsorgwoonstelle. Elkeen is volledig gemeubileer en onlangs opgeknap.
Dié byderwetse woonstelle behou die ouwêreldse sjarme van Oregon-dennehoutvloere en ontblote baksteenmure en balke, maar is versier met 'n moderne Afrika-inslag. Ons bied ruim woonstelle met 1 of 2 slaapkamers. Elkeen bied slaapplek vir 2 tot 4 gaste en bestaan uit 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -woonkamer. Die badkamer het 'n stort en die kombuis volledig toegerus vir selfsorgverblyf met 'n stoof en oond, 'n wasmasjien en yskas. Die slaapkamers het lugversorging en alle linne en handdoeke word voorsien. Die woonstelle is ook toegerus met TV's.
'n Wasgoeddiens is beskikbaar en skoonmaakdienste kan op aanvraag gereël word. Elke woonstel het sy eie alarmstelsel en 'n kluis. Die voorkant van die woonstelle het glasdeure wat oopmaak na Langstraat, die ideale plek om te sit op 'n warm namiddag en die straat se gedaanteverwisseling dop te hou.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Portier
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Frans
- Zoeloe
- Xhosa
Parkeerplek
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Langstraat 263, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Kaapstad Middestad Stadskern Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langstraat 263, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 18