Dagbreek Country Stay

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dagbreek Country Stayse se hoofhuis is 'n selfsorghuis met slaapplek vir 14 gaste. Dis in 'n rustige bos in Broederstroom geleë. Let asb. daarop dat slegs besprekings vir 6 of meer gaste in die hoofhuis aanvaar sal word.

Die huis beskik oor 5 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer en 'n toilet. Die tweede en derde slaapkamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die vyfde slaapkamer het 4 enkelbeddens. Daar is 'n aparte stort en toilet wat gedeel word. Al die linne en handdoeke vir binne-gebruik word voorsien. Die kombuis is volledig toegerus met eetgerei en breekware, 'n oond, stoof, yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond.

Let wel: Minimum van 6 gaste per bespreking en maksimum van 14.

Elke kamer beskik oor elektriese kombersies vir die winter en waaiers vir die somer. Die boonste terras het 'n onderdak-braai ingeval dit reën en 'n pragtige tuinstel met 'n tafel en stoele. Die luisterryke tuin het 'n plonspoel met 'n braai-area en tuinmeubels. Daar is 'n speelarea met 'n sandpit en swaaie vir kinders. Daar is baie parkeerplek beskikbaar. 'n Minimum van 6 gaste kan die huis bespreek.

Daar is 'n verskeidenheid doendinge in die omgewing, soos voetslaanroetes, bergfietsroetes, perdry en gholf by Pecanwood Country Club en Magalies Park Gholfbaan. Vir adrenalien-vrate is daar hangswewery, mikroligte vliegtuie, vierwielmotorfietsry, Magaliesberg Zipline en Bill Harrop Balloon Safaris.

Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. Gratis WiFi is beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Italiaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dagbreek Country Stay gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za