Daheim
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bondstraat 19, Onrusrivier, Onrus, 7201, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Daheim is in Onrusrivier geleë en het slaapplek vir 6 gaste. Dit is net 800 m van die Davies-getypoel af.
Die huis het 3 slaapkamers en 2 badkamers, en 'n opslaan-bababed en 'n draagbare bababadjie is op versoek beskikbaar. Die hoofslaapkamer het 'n plafonwaaier, 'n ekstra lang koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Een van die ander kamers het 'n ekstra lang koningingrootte-bed en die ander kamer het 2 enkelbeddens. Die 2 kamers deel 'n badkamer met 'n bad en toilet. Daar is 'n privaat buitestort, met warm en koue water, om die soutwater af te spoel nadat jy gaan swem het.
Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met 'n yskas, skottelgoedwasser, mikrogolfoond, stoof, 'n oond en koffie- en teemaakgeriewe. Dit lei na 'n privaat tuin met 'n lieflike berguitsig. Gaste kan maaltye aan die eetkamertafel met sitplek vir 8 geniet en heerlik in die sitkamer met lugversorging voor 'n TV met DStv ontspan.
Die tuintjie het 'n Weberbraai wat gaste kan gebruik (hout of houtskool). Daar is parkeerplek vir 2 voertuie in die outomatiese motorhuis. Rook is verbode in Daheim en ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie.
Gaste kan die Davies-getypoel besoek, langs die kus gaan stap, en daar is 'n speelparkie vir kinders net 'n kort entjie se stap van die huis af. Daar is ook 'n paar winkels, 'n apteek, 'n dokterspreekkamer en 'n eet-en-kuierplek in 'n sentrum 700 meter van die huis af. Onrusstrand is net 1,5 km ver. Die afdraai na die pragtige Hemel-en-Aardevallei is 3 km ver; dié vallei het verskeie wynplase wat gaste kan gaan besoek. Hermanus, net 10 minute se ry ver, het talle koffiewinkels, restaurante en winkelsentrums waarvan een die Whale Coast-winkelsentrum waar daar 'n Checkers, 'n Woolworths en verskeie ander winkels en restaurante is.
Slaapplek
’n Bespreking by Daheim sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Bondstraat 19, Onrusrivier, Onrus, 7201, Wes-Kaap
- Gaste dink Daheim het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bondstraat 19, Onrusrivier, Onrus, 7201, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom