Dajovise Collection Apartments 1

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dajovise Collection Apartments is 'n selfsorgwoonstel in die hartjie van die middestad op die negende verdieping van die gesogte Cartwright's Corner in Adderleystraat. Die eenheid het pragtige staduitsigte, uitstekende sekuriteit en privaat, veilige motorhuisparkeerplek. Dit is net 'n klipgooi vanaf die Parlement, diplomatiese kantore, die Hooggeregshof, winkels en verskeie besienswaardighede.

Hierdie eenslaapkamerwoonstel het slaapplek vir 2 gaste en is 'n hoekeenheid met hoë plafonne, baie vensters en lig wat van alle kante hoeke af instroom. Die slaapkamer is ruim en het 'n koningingrootte-bed, ingeboude klerekas, kluis en pragtige, Egiptiese katoenlinne. Die spieëltafel kan as 'n studeertafel of werkhoekie gebruik word.

Die woonstel is met die intrapslag indrukwekkend en het 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetkamer. Dit bied skouspelagtige uitsigte vanuit elke hoek. Die kombuis is goed toegerus en beskik oor 'n mikrogolfoond, stoof en yskas-vrieskas. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien met 'n droogfunksie wat gaste kan gebruik. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar.

Geriewe in die kompleks sluit 'n leefstylsentrum, gimnasium en binnenshuise swembad slegs vir inwoners en gaste in. Daar is ook 24 uur-sekuriteit, parkeerplek binne en ongelooflike uitsigte oor die middestad, see en berge. Cartwright's Corner is sedert die 1970's 'n modernistiese argitektuurskat.

Slaapplek

'n Bespreking by Dajovise Collection Apartments 1 sluit in:

1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart

Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dajovise Collection Apartments 1 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 380 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za