Dash Apartment 11

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dash Apartment 11 is ‘n selfsorgwoonstel op die veilige en gesogte Dunkirk Landgoed sowat 2,8 km vanaf Salt Rock se strand aan die KwaZulu-Natalse Noordkus.

Dié woonstel het slaapplek vir 4 en beskik oor lugversorging, 2 slaapkamers, 2 badkamers en ‘n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het ‘n koninggrootte-bed en ‘n en suite-badkamer met ‘n bad, stort, toilet en wasbak. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens wat in ‘n koninggrootte-bed omskep kan word, asook ‘n en suite-badkamer met ‘n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is toegerus met ‘n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Daar is ook ‘n skottelgoedwasser en wasmasjien. Die eetarea het sitplek vir 4 en die sitarea het ‘n sitkamerstel en ‘n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar. Die leefarea het 2 skuifdeure wat na die voor- en agterstoep lei.

Dis ideaal vir ‘n gesin of sakereisigers. Daar is ‘n streng geraasbeleid en die landgoed laat dus nie partytjies of luidrugtige groepe toe nie. Gaste het toegang tot die landgoedgeriewe. Die klubhuis met ‘n swembad, gimnasium, sauna, stoomkamer en restaurant is naby die woonstelle. Daar is ook ‘n tennisbaan en swembadarea vir gesinne met jong kinders.

Die strand bied ‘n strandklubhuis met aantrekkamers, binne- en buitestorte en toilette. Verder is daar ook ‘n boonste dek en braaigeriewe.

Slaapplek

'n Bespreking by Dash Apartment 11 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dash Apartment 11 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 400 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za