Salt Rock Akkommodasie by Dash Apartment 14 | LekkeSlaap
+10

Dash Apartment 14

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sameja-rylaan 97, Dunkirk Kuslandgoed, Salt Rock, 4392, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 400 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Dash Apartment 14 is ’n selfsorg-eenheid op die veilige Dunkirk-landgoed en is een van die mees gesogte landgoedere aan die Noordkus van KwaZulu-Natal.

Dié woonstel het lugversorging en bied slaapplek aan 4 gaste en het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Daar is ook ’n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het ’n koninggrootte-bed en ’n en suite-badkamer met ’n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat on ’n koninggrootte-bed omskep kan word. Die slaapkamer het ook ’n en suite-badkamer met ’n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is met ’n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook ’n skottelgoedwasser en wasmasjien. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en die sitkamer het ’n gemaklike sitkamerstel en ’n platskerm-TV met sekere DStv-kanale.
Gratis WiFi word voorsien.

Die voor- en agterkant van die leefarea het muur-tot-plafon-skuifdeure wat na 2 stoepe lei.

Dit is 'n ideale omgewing vir gesinne of sakelui. Daar is 'n streng geraasbeleid op die landgoed en partye of raserige groepe word nie toegelaat nie. Gaste het tans volle toegang tot alle landgoedgeriewe. Die klubhuis met swembad, gimnasium, sauna, stoomkamer en restaurant is meters van die woonstelle af. Daar is ook 'n tennisbaan en 'n gesin-swembadarea vir gesinne met jonger kinders.

Op die strand is daar 'n strandklubhuis wat toegerus is met kleedkamers, binne- en buitestorte en toilette. Dit het 'n wonderlike boonste dek en daar is braaigeriewe. Dit is een van die groter aantreklikhede vir gaste.

Slaapplek

’n Bespreking by Dash Apartment 14 sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Sameja-rylaan 97, Dunkirk Kuslandgoed, Salt Rock, 4392, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 400
per nag (plek vir 4)
Vanaf R2 400
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sameja-rylaan 97, Dunkirk Kuslandgoed, Salt Rock, 4392, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAQBAr6ILtTIDioTjl584XOJQm3kCDFi3TRHMWj38WgezDes5bCI?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 400  per nag (plek vir 4) 97 Sameja Drive Dunkirk Estate 4392 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -29.492461 31.235881
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za