Salt Rock Akkommodasie by Dash Apartment 15 | LekkeSlaap
+9

Dash Apartment 15

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sameja-rylaan 97, Dunkirk-landgoed, Salt Rock, 4392, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 400 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Dash Apartment 15 is 'n selfsorg-eenheid op die veilige en gesogte Dunkirk-landgoed, sowat 2,8 km vanaf die Salt Rock-strand aan die Noordkus van KwaZulu-Natal.

Dié woonstel het lugversorging en het slaapplek vir 4 gaste in sy 2 slaapkamers en 2 badkamers. Daar is ook 'n oopplan-kombuis en leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, asook 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien. Die eetarea het sitplek vir 4 mense en die sitkamer het gemaklike banke en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi word voorsien. Die voorste- en agterste leefareas het beide vloer-tot-plafon-skuifdeure wat na 2 verandas lei.

Dit is die perfekte omgewing vir families of sakereisigers. Daar is 'n streng geraas-beleid op die landgoed en as gevolg hiervan word partytjies en raserige groepe nie toegelaat nie. Gaste het tans toegang tot al die landgoed se geriewe. Die klubhuis met die swembad, gimnasium, stoomkamer en restaurant is etlike meters van die woonstelle af. Daar is ook 'n tennisbaan en 'n familieswembad vir gesinne met jonger kindertjies om te gebruik.

By die strand is daar 'n strand-klubhuis met aantrekkamers, binne- en buitestorte en toilette. Hiér is ook 'n ongelooflike dek bo met braaigeriewe. Dit is een van die beste trekpleisters vir gaste.

Slaapplek

’n Bespreking by Dash Apartment 15 sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Sameja-rylaan 97, Dunkirk-landgoed, Salt Rock, 4392, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 400
per nag (plek vir 4)
Vanaf R2 400
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sameja-rylaan 97, Dunkirk-landgoed, Salt Rock, 4392, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAPuixhl8BfWmzIpcLxMoNudXHbnFEjhUR2Y5aoETIcRzUHmzd6R?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 400  per nag (plek vir 4) 97 Sameja Drive Dunkirk Estate 4392 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -29.492461 31.235881
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za