Dash Apartment 17

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dash Apartment 17 is 'n selfsorg-eenheid op die veilige Dunkirk-landgoed, sowat 2,8 km vanaf Salt Rock se strand. Dis een van die mees gesogte landgoedere aan KwaZulu-Natal se Noordkus.

Die woonstel het lugversorging en bied slaapplek aan 4 gaste. Daar is 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die eetarea het sitplek vir 4, en die sitarea het 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi word voorsien. Aan die voor- en agterkant van die leefarea is skuifdeure wat na stoepe lei.

Die woonstel is ideaal vir gesinne of sakereisigers. Daar is 'n streng geraasbeleid op die landgoed en partytjies of luidrugtige groepe word nie toegelaat nie. Gaste het toegang tot al die geriewe op die landgoed. Die klubhuis met swembad, gimnasium, sauna, stoomkamer en restaurant is etlike meters van die woonstelle af. Daar is ook 'n tennisbaan en 'n tweede swembad wat geskik is vir ouers met klein kindertjies.

By die strand is 'n strand-klubhuis met kleedkamers, toilette, storte en buitestorte. Een van die hoogtepunte is die klubhuis se dek bo met braaigeriewe.

Slaapplek

'n Bespreking by Dash Apartment 17 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dash Apartment 17 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 400 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za