Salt Rock Akkommodasie by Dash Apartment 19 | LekkeSlaap
+13

Dash Apartment 19

7 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sameja-rylaan 97, Dunkirk Kuslandgoed, Salt Rock, 4420, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 800 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Dash Luxury Apartments is 'n selfsorg-dakwoonstel op die veilige Dunkrik-landgoed, ongeveer 2,8 km van die Salt Rock-strand af en is een van die mees gesogte landgoedere op die Noordkus van KwaZulu-Natal.

Dié woonstel het lugversorging en slaapplek vir 4 gaste. Daar is 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat omskep kan word in 'n koninggrootte-bed. Die kamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus. Verder is daar ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Die voor- en agterkant van die leefarea het muur-tot-plafon-skuifdeure wat na 2 stoepe lei.

Dit is 'n ideale omgewing vir gesinne of sakelui. Daar is 'n streng geraasbeleid op die landgoed en partye of raserige groepe word nie toegelaat nie. Gaste het tans volle toegang tot alle landgoedgeriewe. Die klubhuis met swembad, gimnasium, sauna, stoomkamer en restaurant is meters van die woonstelle af. Daar is ook 'n tennisbaan en 'n gesin-swembadarea vir gesinne met jonger kinders.

Op die strand is daar 'n strandklubhuis wat toegerus is met kleedkamers, binne- en buitestorte en toilette. Dit het 'n wonderlike boonste dek en daar is braaigeriewe. Dit is een van die groter aantreklikhede vir gaste.

Slaapplek

’n Bespreking by Dash Apartment 19 sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 7 resensies vir Dash Apartment 19
Netheid
4.9/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Sameja-rylaan 97, Dunkirk Kuslandgoed, Salt Rock, 4420, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Dash Apartment 19 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 800
per nag (plek vir 4)
Vanaf R2 800
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sameja-rylaan 97, Dunkirk Kuslandgoed, Salt Rock, 4420, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDBlOGQ1MGNmLWMyNDUtNDY5OC04YWUyLTNiNjExZWJjNjQ2OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 800  per nag (plek vir 4) 7 5 1 5 97 Sameja Drive Dunkirk Coastal Estate 4420 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -29.489591486907 31.238325834274
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za