Dash Apartment 7

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dash Apartment 7 is ’n selfsorg-eenheid in die veilige Dunkirk-landgoed, sowat 2,8 km vanaf Salt Rock-strand. Dis een van die mees gesogte landgoedere aan KwaZulu-Natal se Noordkus.

Die woonstel het lugversorging en bied slaapplek aan 4 gaste. Daar is 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, asook 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien. Die eetarea het sitplek vir 4 mense en die sitkamer het gemaklike banke en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi word voorsien. Die voorste en agterste leefareas het beide vloer-tot-plafon-skuifdeure wat na 2 verandas lei.

Dit is die ideale omgewing vir families of sakereisigers. Daar is 'n streng geraas-beleid op die landgoed en as gevolg hiervan word partytjies en raserige groepe nie toegelaat nie. Gaste het tans toegang tot al die landgoed se geriewe. Die klubhuis met die swembad, gimnasium, stoomkamer en restaurant is etlike meters van die woonstelle af. Daar is ook 'n tennisbaan en 'n familieswembad vir gesinne met jonger kindertjies om te gebruik.

By die strand is daar 'n strand-klubhuis met aantrekkamers, binne- en buitestorte en toilette. Hiér is ook 'n ongelooflike dek bo met braaigeriewe. Dit is een van die beste trekpleisters vir gaste.

Slaapplek

'n Bespreking by Dash Apartment 7 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dash Apartment 7 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 400 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za