Dayspring Estate

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dayspring Estate is in Howick in die Midlands Meander geleë en bied gehalte-verblyf vir 'n klein gesin of 'n groep vriende. Dit is naby verskeie doendinge en besienswaardighede, en net 'n klein entjie se ry van winkels en restaurante af.

Die eenheid is op 'n woonerf geleë, beskik oor 2 slaapkamers en het slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die badkamer het 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus.

Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv, en die eetarea het 'n etenstafel met genoeg sitplek. Daar is ook gratis WiFi.

Die oopplan-sitarea en -eetarea lei na 'n stoep met sonstoele en 'n uitsig oor die rustige tuin.

Daar is lekker braaigeriewe vir gaste om te gebruik.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Jaarlikse geleenthede sluit die Midmar Mile, Hilton Kunstefees, Karkloof Classic, Comrades-maraton, Art in the Park, Cars in the Park, skool-sportbyeenkomste en verskeie internasionale fietswedrenne in. Dayspring Estate is goed geleë sodat gaste enige van die geleenthede maklik kan bywoon.

Slaapplek

'n Bespreking by Dayspring Estate sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dayspring Estate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za