LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville | LekkeSlaap
+20

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 19 resensies vir DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5
Lesley-ann V - Mrt 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lesley-ann V
Saam met vriende

Beste verblyf in Kaapstad by verre!

Ek en my vriendin besluit gereeld om Kaapstad te besoek en bespreek elke keer in 'n ander area, omdat ons meer plekkie wil verken, maar van al die plekke waar ons al oorgeslaap het was DCS Self Catering Acc. Stellenberg die beste! Dis hierdie cosy, dog ruim woonstel - perfek - maak nie saak met wie jy reis nie! Dis die tipe plek waar jy sonder moeite vir 21 dae in self isolasie kan gaan en na die 21 dae steeds wens die tyd is nog nie verby nie! Dis letterlik oor die pad van die Tygervallei shopping centre, wat meer wil jy hê? Ons gasheer, Eric, is besorgd en beskermend en vriendelik en gasvry en die oomie langsaan en sommer net Eric, mens! Hy het uit sy pad uit gegaan om ons verblyf selfs meer aangenaam en gerieflik te maak! Ek dink 5 sterre is hopeloos te min!

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville's terugvoer

Hi Lesley-ann
Ek vertrou dat dit goed gaan met julle twee, met ons gaan dit goed.
Wat 'n pragtige resensie/oorsig. Ons waardeer dit opreg. Dit maak die besigheid waarin ons ons self bevind die absolute moeite werd. Baie dankie vir al die komplimente. Ek en my vrou sal op die 1ste April, April fools day, veertig jaar getroud wees. Ons werk albei baie hard in ons wooneenhede. Vroulief het vir vyftien jaar lank haar eie skoonmaak besigheid gehad. Sy weet hoe 'n blyplek moet lyk/ruik wanneer dit skoon is. Ons leuse was nog altyd "If it is not good enough for us, it will not be good enough for anybody else."
Hoop om julle binnekort weer te sien. Kyk asb. mooi na mekaar. Bly gesond.
Vriendelike groete Debbie en Eric Parker

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville
Mariette V - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mariette V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Waarde vir geld.

Ons verblyf was netjies en goed ingerig. Ons het die goeie afwerking en ruimte in ons verblyf waardeer, asook die aandag aan detail. En natuurlik veilige parkering agter 'n geslote elektroniese hek. Ons sal beslis weer kom.

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville's terugvoer

Hi Mariette,

Baie dankie vir die mooi verslag asook al die komplimente. Ons waardeer dit opreg! Baie dankie vir die goeie toestand waarin julle die woonstel vir ons agtergelaat het. Ons waardeer dit ook opreg. Dit was vir ons 'n absolute plesier om julle hier by ons te huisves. Ons het lekker met julle gesels en ons hoop om julle weer hier te kan akkommodeer. Dit is lekker stil en veilig hier, maar tog baie naby aan die meeste winkelsentrums, hoofroetes, hospitale, skole, ens. Ons hoop om julle binnekort weer hier te huisves wanneer julle vir die kinders en kleinkind kom kuier. Vriendelike groete, Eric en Debbie DCS Akkommodasie.

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville
Britton L - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Britton L
Enkelreisiger

Sal hierdie sterk aanbeveel.

Netjies,gerieflik en baie goed toegerus. Goeie ligging - binne maklike bereik van goeie winkelsentrums en restaurante, asook snelweg.

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville's terugvoer

Beste Britton, baie dankie vir die mooi verslag asook die komplimente. Baie dankie vir die goeie toestand waarin jy die woonstel vir ons agtergelaat het. Ons waardeer dit opreg. Dit was vir ons 'n absolute plesier om jou hier by ons te huisves. Ek het lekker met jou gesels en ons hoop om jou weer hier te kan akkommodeer. Dit is lekker stil en veilig hier, maar tog baie naby aan die meeste winkelsentrums, hoofroetes, hospitale, skole, ens. Ons hoop om jou binnekort weer hier te huisves.
Vriendelike groete, Eric en Debbie DCS Akkommodasie.

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville
Uwe M - Feb 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Uwe M
Enkelreisiger

Wonderlik.

Wonderlik, rustig en baie netjies.

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville's terugvoer

Beste Mary-Ann,

Baie dankie vir die mooi verslag. Dit was vir ons 'n absolute plesier om jou hier by ons te huisves. Ek het lekker met jou gesels en ons hoop om jou weer hier te kan akkommodeer. Dit is lekker stil en veilig hier, maar tog naby aan die meeste winkelsentrums, hoofroetes, hospitale, skole, ens.

Vriendelike groete,
Eric en Debbie
DCS Akkommodasie in Durbanville, Kaapstad

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville
Nureen S - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nureen S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Safe, clean, quiet and tranquil, perfect breakaway from city buzz.

Beautiful place. Clean and hygienic. Quiet and tranquil. Perfect place to break away from busy city life. Definitely returning there again soon.

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville's terugvoer

Hi Nureen

Thank you for all the compliments. We really appreciate it. We always try to keep our guests happy and give them good value for money. Cleanliness is very important to us. Hope to see you soon. Kind regards Debbie & Eric

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville
Belinda B - Okt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Belinda B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie netjies en eienaars uit hulle pad gegaan.

Baie netjies, ek lanklaas akkommodasie gesien wat so goed na gekyk word. Die eienaar het uit hul pad gegaan om al ons bagasie te akkommodeer in hulle buitekamer. Baie ruim en sal gemaklik vir 'n lang tydperk kan oorbly hier.

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville's terugvoer

Hi Belinda,

Dis goed om weer van jou/julle te hoor. Baie dankie vir die moeite met hierdie skrywe.

Baie dankie vir al die komplimente. Ons waardeer dit opreg. Ons probeer altyd ons gaste so gemaklik as moontlik laat voel deur te verseker dat die akkommodasie op dieselfde standaard is as waaraan die gaste tuis gewoond is.

Ons beleid was nog altyd, wat jy sien is wat jy kry. Dis presies wat ons aan ons gaste bied.

Ons hoop om julle weer hier te akkommodeer as julle dalk weer gaan kom fietsry of dalk netwil oorbly.

Vriendelike groete,
Eric
Eienaar DCS Selfsorg Akkommodasie

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville
Kathy G - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Kathy G
Enkelreisiger

Skoon, stil, "feels like home", baie privaat.

Sal dit aanbeveel vir familie en vriende, aanvaarbaare prys.

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville's terugvoer

Goeiedag Kathy,

Baie dankie vir die moeite met die resensie. Ons waardeer dit opreg. Baie dankie vir al die komplimente! Ons is bly dat jy gelukkig was in die woonstel. Ons doelwit is altyd om gaste tuis te laat voel, veral wat higiëne betref. Ons hoop dat jy baie gelukkig sal wees in jou eie woonstel hier in die Kaap.

Vriendelike groete
Eric en Debbie

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville
Gerrie H - Mrt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Gerrie H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Skoon, netjies en professioneel.

Goeie waarde vir geld en het presies aan my verwagting voldoen.

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville's terugvoer

Hi Gerrie,

Eerstens, baie dankie dat julle by ons bespreek het en baie dankie vir die positiewe terugvoer. Baie dankie vir al die komplimente. Ons waardeer dit opreg.
Julle is baie gemaklike mense en dit was vir ons 'n plesier om julle hier te kon huisves.
Ons hoop dat ons paaie eendag weer sal kruis.

Vriendelike groete,
Eric en Debbie

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville
Ronél S - Feb 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Ronél S
Saam met vriende

Lekker gemaklik.

Lieflike mense met 'n lieflike blyplekkie. Baie mooi netjies en die eienaars is vriendelik. Sal enigte tyd weer daar bly. Baie dankie vir alles.

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville's terugvoer

Goeiedag Ronel

Baie dankie vir al jou komplimente asook die ondersteuning. Dit was vir ons werklik 'n plesier om julle hier te kon huisves. Baie dankie vir die goeie toestand waarin julle die kothuis vir ons gelaat het. Ons waardeer dit opreg!

Ons hoop om julle weer hier te kan huisves.

Vriendelike groete

Eric en Debbie
DCS Selfsorg Akkommodasie
Stellenberg

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville
Annelise B - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annelise B
Enkelreisiger

Uiters netjies, modern en ideale ligging vir Noordelike Voorstede.

Vriendelike en sorgsame eienaars, netjiese, moderne plekkie met meer as wat jy sal nodig hê. Ideaal geleë naby N2.

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville's terugvoer

Dear Annelise,

Baie dankie vir al die komplimente, ek kon dit self nie beter opsom nie. Dit was vir ons 'n plesier om vir jou hier te kon huisves.

Ons poog altyd om vir ons gaste net die beste op te dis.

Ons sien uit na jou volgende kuier!

Vriendelike groete,
Eric

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville
Jacky J - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jacky J
Gesin met klein kinders

Uitstekende vriendelike verblyf, sien julle beslis weer.

Uitstekend, netjies, skoon, vriendelike verblyf, sal beslis weer daar bly.

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville's terugvoer

Hi Jacky

Baie dankie vir al die komplimente. Ons waardeer dit opreg!
Ons poog altyd om die omstandighede in ons woonstelle vir ons gaste so gerieflik as moontlik te maak. Ons poog altyd om goeier waarde vir geld te bied.
Ons konsentreer veral op kwaliteit, netheid asook higiëne. DIS VIR ONS VAN KARDINALE BELANG!

Sien julle binnekort weer.

Vriendelike groete
Eric

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville
Wouter B - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Wouter B

Verblyf en diens was baie aangenaam en uitstekend.

Verblyf is baie sentraal geleë en gerieflik. Baie skoon en gemaklike eenheid om in te kon oorbly. Die eienaars is baie vriendelik en behulpsaam met vrae. Baie lekker gebly en sal weer in toekms regtig gebruik maak vir verblyf.

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville's terugvoer

Hi Wouter, baie dankie vir al die komplimente. Ons waardeer dit opreg. Ons "motto" is dat ons nie ons gaste in 'n woonstel wil plaas waar ons nie self sal wil tuisgaan nie. Dit was vir ons 'n groot plesier om julle as gaste te kon hê. Ons hoop om julle in die toekoms weer te kan huisves. Vriendelike groete, Eric en Debbie.

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville
Charlene E - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Charlene E
Saam met eggenoot / lewensmaat

Wonderlik.

Ons het baie lekker gebly en kon regtig nie vir better gevra het nie. Skoon en netjies.

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville's terugvoer

Beste Charlene,

Baie dankie vir al die komplimente! Ons is bly dat julle lekker hier gebly het. Debbie is baie erg oor netheid en skoon beddegoed. Gaste verdien dit!

Geniet die getroude lewe, dis fantasties!

Vriendelike groete,
Eric en Debbie
DCS Akkommodasie, Durbanville,Kaapstad

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville
Andre B - Mrt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Andre B

Fantastiese verblyf in die Kaap.

Baie skoon en gerieflike akkommodasie met baie vriendelike en behulpsame en tegemoetkomende eienaars. Wonderlike mense Eric en Debbie.

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville's terugvoer

Hi Andre,
Baie dankie vir die positiewe terugvoer! Ons is werklik bly dat julle lekker gekuier het hier en dat jou broer se troue goed afgeloop het. Julle is baie goeie, gemaklike mense en ons sal julle graag weer hier wil akkommodeer. Dit is 'n lieflike, ruim, goed toegeruste woonstel wat in 'n lieflike omgewing geleë is, al moet ek dit self sê. Ons is bly julle is veilig tuis. Baie sterkte aan julle almal met jou pa se gesondheidstoestand. Mag hy gou gesond raak! Vriendelike groete Eric & Debbie
[Ons het hierdie afgelope naweek nog twee gesinne van Kakamas hier in die ander woonstelle gehuisves wat die Argus Fietstoer sou ry.]

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville
Leonie P - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Leonie P
Gesin met klein kinders

Wonderlike verblyf - baie netjies!

Wonderlike ligging en uiters netjiese eenheid. Ons het ons verblyf hier baie geniet - uitstekende ligging na aan die hoofweg en aan die winkelsentrums. Baie dankie vir die gasvryheid - ons sal beslis weer hier bly as ons in die Kaap is!

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville's terugvoer

Hi Leonie, baie dankie vir die komplimente. Dit was vir ons aangenaam om julle hier te kon hê. Kom kuier gerus weer. Ek moet sê, dis 'n fantastiese kompleks, wat uitstekend geleë is ten opsigte van, winkels, wynplase en hoofroetes. Vriendelike groete, Eric en Debbie. DCS Selfsorg Akkommodasie Kaapstad

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville
Leana B - Des 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Leana B

Fantasties!

Ons het heerlik gebly. DCS is baie goed geleë. Binne 'n minuut op die N1 geklim en steeds baie baie veilig! Ook om die draai van Tygervallei-inkopiesentrum. Debbie en Eric het ons baie tuis laat voel en ons geakkommodeer 100%. Ons sal beslis in die toekoms net van hulle verblyf gebruik maak!

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville's terugvoer

Hi Leana Baie dankie vir die komplimente. Dit was vir ons aangenaam om julle hier te kon hê. Kom kuier gerus weer!

Vriendelike groete,
Eric & Debbie DCS Selfsorg Akkommodasie Kaapstad

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville
Helena B - Nov 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Helena B
Saam met vriende

Uitsonderlik.

Dit was ‘n baie aangename ervaring om van Eric en Debbie Parker se verblyf gebruik te maak. Alles was van hoogstaande gehalte. Ek sal weer van hulle gebruik maak en ook die verblyf vir ander aanbeveel.

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville's terugvoer

Hi Helena
Baie dankie vir die terugvoer. Ons is werklik bly dat julle tevrede was met die akkommodasie! Ons probeer altyd ons gaste gelukkig hou met goeie kwaliteit akkommodasie en bowenal, dat ons woonstelle silkwerskoon is. Ons is bly dat julle veilig tuis is. Dankie vir julle vriendelikheid! Hoop ons sien julle weer in die nabye toekoms.
Vriendelike groete
Eric & Debbie DCS Akkommodasie Kaapstad

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville
Philip V - Mrt 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Philip V
Enkelreisiger

Uitstekend!

Skoon, netjies, ruim, goeie waarde vir geld, en met vriendelike en behulpsame eienaars. Persoonlik sal ek verkies dat hul handdoeke voorsien, net omdat dit ongemaklik is om met 'n nat/klam handdoek te reis.

Heidi V - Des 2015
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Heidi V
Saam met eggenoot / lewensmaat

What you see is what you get.

Stylish neat and clean. Very quite area. We were pleasantly surprised and will for certain stay here again. Thank you Eric and Debbie for looking after us.

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville's terugvoer

Good day Heidi en Sakkie,

It was an absolute pleasure to meet and accommodate you here in Cape Town. We hope to see you here again in the not-too-distant future. We wish you both a fantastic 2016 with good health!

Regards,
Debbie

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville
Vanaf R1 360
per nag (vir 3 persone)
Vanaf R1 360
per nag (vir 3 persone)
Vanaf R1 360
per nag (vir 3 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Panoramarylaan 41, Stellenberg, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3277e761da623a4898d42d32fa44e664bf7a47f60eccc94e182f03fecf7328e8d0207d16bd57822bdff13064c624df94efe3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 360  per nag (vir 3 persone) 19 5 1 5 41 Panorama Drive Stellenberg 7550 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -33.87224 18.65631
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!