De Bakke Terrace 69

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 50 % af

Kry 50% af. Geldig vanaf 1 Des 2019 tot 19 Des 2019.

Beskrywing

De Bakke Terrace 69 is in Mosselbaai geleë en bied gehalte-verblyf aan 'n gesin of groep vriende. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, die strand en besienswaardighede.

Dié woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede kamer het 'n dubbelbed. Die derde kamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n bad.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoele. Die eetarea het sitplek vir 6 en die sitkamer het 'n gemaklike hoekbank voor 'n platskerm-TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste is welkom om hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saam te bring.

Die leefarea lei na 'n balkon met 'n houtbuitetafel en stoele, asook braaigeriewe. Die balkon kyk uit oor die see.

Veilige parkeerplek vir 1 voertuig is binne die kompleks beskikbaar. Gaste het toegang tot die kompleks se wassery.

Slaapplek

'n Bespreking by De Bakke Terrace 69 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na De Bakke Terrace 69 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 R1 000 per nag (plek vir 6)

Kry 50% af. Geldig vanaf 1 Des 2019 tot 19 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za