LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by De Branders 13 | LekkeSlaap
+18

De Branders 13

6 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Paardekraalstraat, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 7)

Beskrywing

De Branders 13 is 'n opgeknapte selfsorgwoonstel in Hartenbos, 'n klein oord-dorpie tussen George en Mosselbaai in die Wes-Kaap. Dié duplekswoonstel is teen die strand en die woonkamer en balkon bied uitsigte oor die oseaan.

Die woonstel het slaapplek vir 7 gaste in 3 slaapkamers en daar is 2 badkamers. Die hoofslaapkamer en die tweede slaapkamer het dubbelbeddens, en daar is 2 driekwartbeddens en 'n enkel-uittrekbed in die derde slaapkamer. Die badkamers het elkeen 'n stort en 'n toilet. Daar is ook 'n aparte gaste-toilet. Die kombuis is volledig toegerus en beskik oor 'n mikrogolfoond, stoof, oond, skottelgoedwasser en 'n yskas-vrieskas. En die leefarea het gerieflike sitplek en 'n TV met volledige DStv.

De Branders bied 24 uur-sekuriteit en veilige onderdakparkeeplek. Daar is 'n swembad en 'n kinderswembad in die kompleks.

Heelwat vermaakgeriewe, soos waterwurms, 'n warmwaterswembad en Hartenbos Winkelsentrum, is loopafstand van die woonstel af. Langeberg Winkelsentrum is net 'n klein entjie se ry van hier af. Gaste kan gerus ook 'n draai in George en Knysna gaan maak, en 'n bootvaart vanuit Mosselbaai se hawe is altyd 'n goeie idee. Minimumverblyftydperk van 3 nagte.

Slaapplek

’n Bespreking by De Branders 13 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 6 resensies vir De Branders 13
Netheid
4.0/5
Diens
4.7/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • Paardekraalstraat, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink De Branders 13 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 7)
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Paardekraalstraat, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2afb803e949fab2f06bbb10aa341b273647e68e7a337cfa169bf3ce9c46553caf250ad07106c83744b64b35ba2ffbd055bfa?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 500  per nag (plek vir 7) 6 5 1 5 Paardekraal Road Hartenbos 6520 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.123720105215 22.119601070881
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!