De Hoop Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Word deel van die natuur by De Hoop Cottages, bekostigbare selfsorgverblyf op 'n plaas naby Robertson. Eric en Laetitia, die eienaars, nooi jou uit om te kom rus op hul pragtige en vreedsame plaas wat rustige verblyf verseker, weg van al die geraas. Die beperkte selfoonsein dra hiertoe by! Laaiplaas is aan die einde van die De Hoop-kloof, aan die voet van die Langeberge, geleë. Verlustig jouself in die wonderskone natuurtonele en uitsigte op die berge.

Ons 5 bekostigbare selfsorgkothuise beskik oor elektrisiteit, en die Boshuisie het nie elektrisiteit nie, maar werk met gas.

Adam se Huis en Swink se Huis het slaapplek vir 2 gaste elk en Ampie se Huis en July se Huis elkeen slaapplek vir 4 gaste. Jan se Huis bied slaapplek aan 6 gaste. Al die eenhede het netjiese badkamers, binne- en buitebraaigeriewe en houtdekke. Beddegoed en handdoeke word voorsien.

Die Boshuisie is 'n selfsorg-houthuisie met slaapplek vir 4 gaste. Dit is privaat in 'n kloof geleë en is geskik vir diegene wat meer avontuurlustig is! Daar is binne- en buitebraaigeriewe en 'n houtdek. Daar is geen elektrisiteit nie, slegs gasgeriewe. Dit bied 'n kamp-ervaring waar jy nie 'n tent hoef saam te bring nie. Beddegoed word nie voorsien nie en ablusiegeriewe is sowat 80 m van die hut af. 'n Voertuig met hoë grondvryhoogte (nie 'n 4x4 nie) word aanbeveel om dié hut te bereik.

Bo-en-behalwe wonderskone berg-uitsigte, spog hierdie omgewing met ongerepte natuurskoon, voëllewe, wandelinge op die plaas of in die kloof met sy helder bergpoele, heerlike swemsessies in die plaasdamme. Jy kan ook bloot op die dek sit en die rustige omgewing geniet.

Die plaas is net 10 km buite die dorp geleë, sowat 15 minute se ry van al die nodige winkels en al die wynkelders waarvoor hierdie streek so bekend is.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na De Hoop Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R440 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za