De Hoop Farm Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 2 nagte of langer is (minimum twee nagte se verblyf). Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

De Hoop Farm Cottages is op 'n lieflike plaas in Tulbagh geleë en bied 'n keuse tussen 4 selfsorg-eenhede.

Gaste kan Bosjes-vallei vir 6 gaste, De Hoop vir 5 gaste, Vrede vir 4 gaste of Stilwaters vir 4 gaste bespreek. Elkeen van die kothuise het lugversorging, privaat slaapkamers en badkamers. Linne, badhanddoeke en ekstra komberse word voorsien. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Elke kombuis is volledig toegerus met 'n tweeplaatstofie en oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet. Daar is binne- en buitebraaigeriewe. 'n Braaier, hout en tange word voorsien. Gaste moet asb. hul eie vuuraanstekers saambring. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Gaste kan gaan fietsry, draf, wandel of in die plaasdam swem. Swem in die dam is op eie risiko en kinders moet ten alle tye deur volwassenes vergesel word. Bring asb. jou eie reddingsbaadjies vir kinders wat swem saam. Die dam word skielik diep.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na De Hoop Farm Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 R810 per nag (plek vir 4)

Kry 10% af vir verblyf wat 2 nagte of langer is (minimum twee nagte se verblyf). Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za