De Kelders Akkommodasie by De Kelders Beach House | LekkeSlaap
+19

De Kelders Beach House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 13:00
  • Adres: Vyfer-straat 102, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

De Kelders Beach House is in die bekoorlike kusdorpie De Kelders geleë, tussen Stanford en Gansbaai. Dit is ongeveer 2 ure se ry van Kaapstad af. Die area is bekend vir walviskyk, lieflike see-uitsigte, visvang, voetslaan en 'n nabye natuurreservaat.

Die boonste vloer bestaan uit 'n dubbelkamer, groot oopplan-sitkamer en -eetkamer. Daar is 'n enkelbed beskikbaar in die stoepkamer, wat die eenheid ideaal maak vir 'n paartjie met 'n jong kind. Dubbelskuifdeure lei na 'n groot stoep. Die sitkamer het 'n kaggel wat die hele leefarea warm hou. Die kombuisie is toegerus met die volgende: vierplaatstoof, mikrogolf, 'n yskas-vrieskas, breekware, eetgerei en kooktoebehore. Daar is 'n volledige badkamer en aparte toilet bo en 'n tweede stort en toilet is bereikbaar via die stoepkamer. Die onderste slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad, asook sy eie ingang vanaf die tuin. Let daarop dat dié kamer slegs via hierdie ingang bereik kan word.

Die beskutte tuin is toegerus met 'n patio en braaigeriewe. Daar is 'n lekker area onder die skadubome met 'n houttafel en sitplek. Gaste kan hul etes hier geniet. Die tuin bied veilige ruimte vir honde met vooraf reëling.

Daar is parkeerplek vir 1 voertuig in die agterplaas en ook parkeerplek op die perseel se oprit vir 'n tweede voertuig.

Slaapplek

’n Bespreking by De Kelders Beach House sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Vyfer-straat 102, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 13:00
  • Adres: Vyfer-straat 102, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDU2NTZlYzNjLTRiYTAtNGVjNS05MGJiLTllNTZlMDRlZGE5OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 400  per nag (plek vir 4) 102 Vyfer Street De Kelders 7220 Wes-Kaap 086 999 0018 12:00-16:00 13:00 -34.554498683894 19.366393749668
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za