De Kelders Akkommodasie by De Kelders Self-catering Family House | LekkeSlaap
+48

De Kelders Self-catering Family House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hoofstraat 41, De Kelders, Gansbaai, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R10 200 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

De Kelders Self-catering Family House skuil in De Kelders in Gansbaai. Dié huis is naby talle winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede. Dit is ideaal vir 'n familie of vriendegroep.

De Kelders Self-catering Family House het slaapplek vir 12 gaste in 6 slaapkamers. Die 2 hoofslaapkamers het elkeen 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die ander 4 kamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en die twee volledige badkamers het baddens, storte, wasbakke en toilette. Al die slaapkamers het ingeboude kaste, 'n lessenaar-area, TV en lugversorging. Die aparte aantrekkamer bied ekstra stoorplek. Die hoofslaapkamer op die boonste vloer het 'n kantoor-area, en dié kamer se luukse en suite-badkamer het 'n Jacuzzi, 'n meerdoelige stort, en 'n bidet.

Die kuier- en leefareas op die onderste vloer bestaan uit 'n volledige, moderne kombuis met 'n gasstoof, ingeboude eetarea vir 6 mense, 'n sitarea, 'n TV en DVD-speler, kroeg, en pooltafel. Die kuierarea lei na 'n onderdak-patio met 'n braaiplek by die voortuin.

Bo is daar nog 'n volledige kombuis met 'n elektriese stoof, oond, en 'n volledige ingeboude braai wat met hout en gas werk. Die ekstra groot eetkamertafel het 12 stoele en die woonkamer het 'n platskerm-TV, volledige kringklank, HD PVR, en 'n kaggel. Dié kamer lei na 'n ruim balkon. Al die slaapkamers op hierdie vlak bied toegang tot hierdie balkon.

Op elke verdieping is daar 'n opwaskamer met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die dakterras is van albei verdiepings af bereikbaar en het 'n swembad, sondek, ingeboude braai en sitarea. Albei verdiepings het toegang tot die agtertuin wat omhein is vir troeteldiere en kinders, en waar daar 1 of 2 veilige parkeerplekke is. Aan die voorkant van die huis is genoeg parkeerplek vir 6 - 8 voertuie. Daar is dus altesaam 10 parkeerplekke.

DStv en WiFi is beskikbaar. 'n Skoonmaakdiens kan teen ekstra koste gereël word.

Slaapplek

’n Bespreking by De Kelders Self-catering Family House sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 6
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Hoofstraat 41, De Kelders, Gansbaai, 7441, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R10 200
per nag (plek vir 12)
Vanaf R10 200
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hoofstraat 41, De Kelders, Gansbaai, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGIyYzE0ODA2LTY5MGQtNDUwZS1hYjc1LWUyZjJkZTUyNTJiMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R10 200  per nag (plek vir 12) 41 Main Road De Kelders 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-18:00 11:00 -34.557645 19.365241
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za