De Kloof Luxury Estate

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

De Kloof Luxury Estate is 'n 5-ster-boetiekhotel, Restaurant 18 ZeroOne, Spa en Villa. Dit word dikwels beskryf as die verborge juweel van Swellendam en bied manjifieke verblyf in 'n groen, stil vallei met asemrowende uitsigte. Dit is waarlik 'n plaas-sjiek wegbreekplek met sy eie spa en behandelingskamer, asook sy eie restuarant, 18ZeroOne, deel van die StreetSmart South Africa-groep.

Hierdie geskiedkundige meesterstuk spog met Kaaps-Hollandse argitektuur, en dateer uit 1801. Dit is intussen as 'n nasionale monument verklaar. Die gebou spog met ruim en suite-ontwerperskamers met 5-ster-geriewe. Die binnehof word omring deur inheemse bome, 'n Zen-, kruie- en roostuin met pragtige voëllewe en koidamme. Gaste kan in die lang sprankelende swembad ontspan, wynproe en peuselhappies of fynproewerdisse geniet. Ons heerlike ontbyt wat by die tarief ingesluit is, sluit vonkelwyn en koerante in.

Elkeen van ons 10 ontwerperskamers is vir die wêreldreisiger toegerus met WiFi, ekstra-lengte beddens, platskerm-TV's, lugversorging, kluis, kroegie en tee- en koffiemaakgeriewe (Nespresso). Die sjiek en moderne binnenshuise-ontwerp skakel soomloos in met die koloniale argitektuur. Elke kamer is uniek en besonders, 'n sameflansing van natuurlike teksture, kontemporêre antieke Franse dekor en toonaangewende ontwerperselemente. Die wittebrood-suite bied ekstras soos 'n Jacuzzi-bad, waterbed en kaggel. Ons het ook 'n tweeslaapkamer-gesinseenheid vir gesinne wat in absolute luuksheid wil oornag. Oe. Kom ontdek die versteekte juweel in die hart van die Overberg.

Ons is verrassend uniek. Kom ontdek 'n oase van stilte, luuksheid en bekoring. Ons is ideaal vir wittebroodspaartjies, gholfspelers, en diegene wat die fynere dinge in die lewe geniet. Kom geniet asemrowende uitsigte vanaf die pragtige swembadarea en ons spa met goed opgeleide skoonheidsterapeut.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Deens
  •  Nederlands
  •  Vlaams
  •  Frans
  •  Duits
  •  Sweeds
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Kantoorgeriewe
  •  Rekenaar Netwerklewering
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na De Kloof Luxury Estate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 995 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za