De Lange Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

De Lange Lodge is in die klein en (letterlik) warm en vriendelike dorpie De Aar in die Noord-Kaap geleë. De Aar is die tweede belangrikste spoorweg-kruising in Suid-Afrika en die lodge se deure het al in 1991 geopen.

Ons vriendelikheid is ons trots aangesien geen pragtige kamer die warmte en vriendelikheid van 'n De Lange Lodge-glimlag kan voorsien nie. Ons glimlag en maak ons harte oop en nooi jou uit om De Lange Lodge ook jou tuiste te noem.

Die lodge het slaapplek vir 11 gaste of 15 gaste wat deel en daar is 'n gemeenskaplike braai-area aangesien almal wat hier kuier sommer gou soos familie voel. Ons bied middagete en aandete na jou Engelse ontbyt oftewel 'n De Aar-ontbyt propvol vrugteslaai, jogurt, ontbytgraan, eiers, spek, worsies, roosterbrood en selfs ietsie spesiaal. Dan noem ons nog nie eens die verskillende geure sap, koffie en tee nie.

So ons het nou reeds twee van die belangrikste kenmerke van De Lange Lodge uitgewys: 'n warm en verwelkomende glimlag, en bederf van smôrens tot saans rondom die etenstafel. So maak sommer nou 'n bespreking sodat ons jou bietjie kan bederf!

Ons kan spesiale etes voorberei, stel net ons sjefs in kennis van die spesiale bestanddele wat jy verkies en al die moets en moenies van jou dieet. Ons bedien meestal tradisionele kos en in dié vallei beteken dit vleis, steak en boerekos!

Die kamers begroet jou met vars, wit linne, elektriese komberse, koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskassie en natuurlik handdoeke en toiletware.

Sodra jy ons die eerste keer besoek het en deel van die familie geword het, sal ons jou gunsteling kamer of diens in gedagte hou vir jou volgende besoek - waarna ons natuurlik vreeslik uitsien!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Rekenaar Netwerklewering
  •  Internet
  •  Skuifie-projektor
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na De Lange Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za