De Noordhoek Lifestyle Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

De Noordhoek Lifestyle Hotel is 'n boetiekhotel in Noordhoek Farm Village in Noordhoek, een van die mooiste plekke in Kaapstad. Van die Kaap se beste restaurante en ontmoetingsplekke is in hierdie omgewing.

Die beddens in elke en suite-slaapkamer is oorgetrek met puik linne en elke kamer is toegerus met lugversorging, TV met DStv, 'n kluis, yskassie, WiFi en koffie- en teemaakgeriewe. Gaste het ook toegang tot die hotel se gemeenskaplike areas, soos die sitkamer, ontbyt- en restaurant-area, sushi-stoep, swembad-area, vergaderkamer en uitstekende teater.

Besoekers moet definitief 'n draai maak by Frank Dangerouz en Pete Du Bruin se Foodbarn, Cafe Roux, Bob Skinstad en Dougie Boyes se The Toad en natuurlik ons eie Village Sushi in Noordhoek.

De Noordhoek Lifestyle Hotel is op Kaapstad se wêreldebekende skeireilandroete, aan die voet van Chapman's Peak en Tafelberg Nasionale Park aan die een kant en Noordhoek se pragtige strand aan die anderkant. Noordhoek-leefstyl is beslis een van Kaapstad se bes bewaarde geheime.

Kenmerke

  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na De Noordhoek Lifestyle Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 250 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za