De Novo Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Bly 5 nagte en betaal slegs vir 4 vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

De Novo Lodge bied selfsorgverblyf in 'n idilliese, subtropiese omgewing in Port Edward aan KwaZulu-Natal se bekende Suidkus. Dié lodge skuil teen die Old Pont-pad wat na die Umtamvunarivier lei.

De Novo Lodge het 5 selfsorg-eenhede. Elke eenheid het 'n privaat badkamer en 'n kombuis met 'n yskas-vrieskas, tweeplaatstoof, uitsuigwaaier, ketel, mikrogolf, broodrooster, en eetgerei en breekware.

Gaste het toegang tot 'n kiosk en 24 uur-sekuriteit word op die perseel voorsien. Die instansie het 'n boorgat en Jojo-tenks in die geval van wateronderbrekings.

Daar is verskeie doendinge wat vakansiegangers in die De Novo Lodge se omgewing kan geniet. Gaste kan by die Umtamvunarivier visvang, bootvaart by die Old Pont Vakansieoord geniet en watersport, soos seilplankry en kanovaart by die rivier beoefen.

Gaste kan ook voetslaan deur die reservaat, teen die kloof op en by die berge op of af. Voetslaanroetes wissel tussen 30 minute tot 8 ure.

Die area spog met 'n wêreldklas koffieplaas, 4x4-roetes, vierwielmotorfietsroetes, fossiele en meer.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na De Novo Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 R480 per nag (plek vir 2)

Bly 5 nagte en betaal slegs vir 4 vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za