De Oude Meul Country Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Kry 20% af. Geldig vanaf 9 Jan 2019 tot 13 Des 2019.

Beskrywing

De Oude Meul Country Lodge lê knus teen die hange van die majestueuse Swartberge in die pragtige Schoemanspoort tussen Oudtshoorn en die wêreldbekende Kango-grotte op die R328. Dis 'n onvergeetlike ervaring om op hierdie skilderagtige plaas op die Tuinroete te oornag. Die berge is oortrek met die kenmerkende plantegroei van die Klein-Karoo - dit omring die lodge en skep 'n rustige atmosfeer.

Verskeie toeriste het die eienaars Boy en Marianne verseker dat hulle nooit hemel toe sal gaan nie, want hulle woon alreeds in die paradys!

Die Grobbelaarsrivier kronkel deur die plaas en droog selde op. Die sierlike wilgerbome op die rivieroewer en die omringende berge skep 'n vreedsame en rustige prentjie. Dit maak elke toeris se besoek onvergeetlik en moedig mens aan om weer terug te kom.

Die gasheer en gasvrou, Boy en Marianne, maak seker dat gaste tuis voel en dat daar aan hul behoeftes voldoen word. Aandete word op versoek bedien indien dit vooraf gereël word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Kantoorgeriewe
  •  Sekretariële Geriewe
  •  Internet
  •  Skuifie-projektor
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na De Oude Meul Country Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R968 R774 per nag (plek vir 2)

Kry 20% af. Geldig vanaf 9 Jan 2019 tot 13 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za