LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by De Oude Pastorie | LekkeSlaap
+22

De Oude Pastorie

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 14 resensies vir De Oude Pastorie
Netheid
4.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.2/5
Suzette D - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Suzette D

Dis 'n pragtige ou huis vol karakter en lekker ruim.

Ons was maksimum nege persone met genoeg spasie, en dit was gerieflik om beide skottelgoedwasser en wasmasjien te hê. Die stort is ongelukkig problematies omdat die water baie lank neem om te dreineer, en kort definitief dringend aandag. Dit mag handig wees om meer bakkies/skottels te hê vir opdiening van kos. Die agterstoep was nie heeltemal gevee nie, slegs die gedeelte voor die braaiplek. Nietemin, as die stort uitgesorteer is, sal ek weer die huis gebruik indien nodig.

Carla V - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carla V
Saam met vriende

Pragtige plek.

Lieflike, ruim, skoon en sentraal geleë huis. Die braaistoep is 'n groot wins.

Willem B - Aug 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Willem B
Saam met vriende

Ideaal vir 'n groep mense.

Groot huis, lekker dat dit 2 yskaste, wasmasjien, skottelgoedwasser en tuimeldroër het. Goed toegeruste kombuis, maar jy moet jou eie goed soos koffie/tee/suiker/sout/peper saambring. Terwyl dit meestal skoon is, is daar muf op party dele van die huis en die area by die agtertoilet kan goed skoongemaak word. Lekker buite-area, dit is lekker om te braai, dit het 'n gasbottel en 'n vuuraansteker (alhoewel daar geen vuurhoutjies is nie). Bedkwaliteit wissel, maar dit moet goed wees vir almal; kamers het verwarmers (siende dat die huis baie koud word) en daar is genoeg kussings en handdoeke, ens. Oor die algemeen 'n lekker plek.

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

Perfect for a group of people.

Large house, nice that it has 2 fridges, washing machine, dishwasher and tumble dryer. Kitchen well equipped, although you must bring your own things like coffee/tea/sugar/salt/pepper. While it is mostly clean, there is some mould on some parts of the house and the area by the back toilet could do with a clean. Nice outside area, braai is nice that, it has a gas bottle and braai fire starter (although no matches provided). Bed quality varies but should be fine for everyone, rooms has heaters (as the house gets very cold) and there are enough pillows and towels etc. Overall a nice place.

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

De Oude Pastorie's terugvoer

Hi Willem,

Thank you for your review. We will definitely have a look at the cleanliness of the back toilet and the mold. We are a self-catering house, thus the guests are required to bring their own toiletries, groceries, etc. This includes the basics like tea, sugar' dishwashing soap etc. We hope you enjoyed your stay and that we will see you again.

Regards,
Chimone

De Oude Pastorie
Leoni H - Aug 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Leoni H

Goed toegerus, netjies, lekker kuierplek.

Pragtige goed toegeruste huis met alles wat jy nodig het. Net die een regte stort is bietjie van 'n probleem vir 'n groot groep want die handstortjies tel nie regtig as 'n stort nie. Skottelgoedwasser is wonderlik in kombuis! 'n Skinkbord sal aanbeveling wees want om koppies een een aan te dra is maar omslagtig. Dan ook vir die soort groepe wat bespreek en tarief wat betaal word sou dit lekker wees om die rugby te kon kyk (DSTV pakket wat dit insluit).

De Oude Pastorie's terugvoer

Hi Leoni,

Baie dankie vir jou resensie. Ek is bly om te hoor jul is tevrede met die huis en het n lekker gebly. Dankie vir die voorstel rakende die DStv, ek sal dit onder die eienaar se aandag bring. Hoop om jul weer in die toekoms te sien.

Groete,
Chimone

De Oude Pastorie
Wesley P - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Wesley P
Saam met vriende

Goeie ligging, 'n groot leefruimte en groot kombuis.

Perfekte ligging binne stapafstand van al die geriewe in Greyton.

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

Great location, plenty of living space and nice large kitchen.

Perfectly situated within walking distance of all amenities in Greyton.

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

Santie N - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Santie N

Gerieflike en sentrale verblyf vir groot groep.

Dis die tweede keer wat ons by De Oude Pastorie tuisgaan en soos voorheen het ons heerlik daar gebly. Die huis is ruim, skoon en baie goed toegerus. Die huis is sentraal geleë (naby al die restaurante, winkels en Saterdagmark) en hoewel dit aan die hoofstraat grens, was daar verbasend min geraas snags. Sal dit beslis aanbeveel. 'n Tip: Aangesien dit 'n ou, historiese gebou is, is die kragpunte min (slegs een per kamer), so neem 'n paar verlengingskoorde met veelvuldige sokke saam (veral as daar kinders saamgaan wat almal hulle fone gelyktydig wil herlaai).

De Oude Pastorie's terugvoer

Beste Santie, dankie vir jou resensie. Ons is bly jul het weereens jul verblyf by die Pastorie geniet en 'n lekker naweek gehad. Groete, Chimone.

De Oude Pastorie
Carla B - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carla B
Gesin met klein kinders

Totally enjoyable time was had by all!

We were a family of 6 adults and 4 young children. The town was lovely they rode their bicycles till late at night safely. The house had everything in we needed the braai wood supplied was ample and Marie's vetkoek were delicious! Was a perfect house to go as a large family to get away and let kids be kids. Wish we had stayed longer. Just bring games, toys and bikes for little ones and maybe the plastic shells you get as no swimming pool. We put shell up in the back yard they splashed and adults braaied. Linen was clean, dishes were clean and supplied almost anything you would need. Washing machine was a nice extra and came in useful.

De Oude Pastorie's terugvoer

Dear Carla,

Thank you so much for your review. We are glad you and everyone else enjoyed your stay as well as Maria's vetkoek. We hope to see you again and accommodate your lovely family.

Regards,
Chimone

De Oude Pastorie
Marius H - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Marius H

Ons verblyf was aangenaam en gerieflik.

Hierdie huis is goed geleë en 'leef' en kuier baie lekker. Die diens en kommunikasie was baie goed. Hier is 'n paar voorstelle om die plek te verbeter: Die stoof moet verkieslik heeltemal vervang word. Dit staan ongelyk en die oonddeur maak nie reg toe nie. Iemand het die oond met Zeb gespuit en net so gelos. Ons moes dus op die eerste aand die oond self uitwas (met gaste klaar daar) voordat ons kon voortgaan met kosmaak. Tweedens stel ek voor 'n heelwat groter yskas, aangesien daar 11 mense op een slag tuisgaan en die huidige een glad nie voldoende is nie. Ek moes die hangkasdeur in die een slaapkamer afhaal sodat 'n mens die kas kan gebruik (te na aan die bed). Dit mag dalk nie so goed lyk nie, maar prakties is in my opinie beter. Mure kan gewas word (bv. agterstoep by braai) en dan net algemene onderhoud op deur- en laaihandvatsels, skarniere ens. Hierdie huis benodig ook 2 groot vullisdromme buite. Ons verblyf was egter baie lekker en gerieflik.

De Oude Pastorie's terugvoer

Beste Marius,

Baie dankie vir jou resensie en jou opinies om die huis te verbeter. Ons neem dit in 'n goeie lig en sal dit beslis oorweeg.

Groete,
Chimone

De Oude Pastorie
Johannie B - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Johannie B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie oulike huis. Goed geleë en netjies.

Die geriewe is ook goed, behalwe dat die yskas heeltemal te klein is vir die aantal persone wat die huis kan akkommodeer. Greyton is 'n baie lekker naweekbestemming en De Oude Pastorie is stapafstand van alle restaurante.

De Oude Pastorie's terugvoer

Hi Johannie, baie dankie vir jou resensie en terugvoering. Ons is bly jul het die naweek by die Pastorie geniet. Ek hoop om jul gou weer te sien. Groete, Chimone.

De Oude Pastorie
Cheryl M - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Cheryl M
Gesin met klein kinders

'n Pragtige naweek in hierdie historiese ou huis in die mooiste dorp in die Overberg.

Ons het 'n heerlike naweek geniet in die pragtige ou huis. Chimone was 'n uitstekende gasvrou en het gereeld met ons kommunikeer. Maria September het vir ons die lekkerste vars brood gebak en die Saterdagoggend nog stomend vir ons kom aflewer.

De Oude Pastorie's terugvoer

Middag Cheryl,
Baie dankie vir die resensie. Ek is bly jul het die kuier, huis & dorpie geniet. Hoop om jul gou weer te sien.
Groete, Chimone

De Oude Pastorie
Emmie K - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Emmie K
Gesin met klein kinders

Wat 'n lekker naweek!

De Oude Pastorie is baie goed ingerig en gerieflik vir 'n groot groep. Die huis is ook so geleë dat jy nie nodig het om enigsins te ry nie. Alles is stapafstand en wanneer jy uitstap is jy sommer dadelik deel van Greyton se atmosfeer. Die braai-area gee jou ook die geleentheid tot privaatheid, al is die huis in die hoofstraat.

De Oude Pastorie's terugvoer

Ek is so bly dat julle die naweek geniet het by De Oude Pastorie. Hoop om julle gou weer te sien.

De Oude Pastorie
Trudie K - Jun 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Trudie K

Daar is 'n heerlike kaggel, perfek vir die winter!

Greyton het 'n markie op Saterdae waar die lekkerste kos verkoop word: biltong, melktert, pannekoek, koekies, appeltert, vars pasteie en nog vele meer.

De Oude Pastorie's terugvoer

Hi Trudie, baie dankie vir jou positiewe resensie. Ons is bly julle het die tydjie by die Pastorie geniet. Ons hoop om jul gou weer te sien.

De Oude Pastorie
Rhode E - Apr 2018
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Rhode E

Lekker geleë, ruim huis.

Die huis is oulik en lekker geleë. Paar dinge was bietjie ongerieflik soos die enigste stort in die huis se drein was verstop en die yskas het opgepak. Andersins was dit baie lekker groot. Genoeg spasie vir 'n groep van 11 mense waarvan 3 klein kindertjies was. Kombuis is goed toegerus, maar ek sal sê daar kan definitief 'n 2de yskas aangeskaf word, die yskas is 'n bietjie klein vir 11 mense. Muskiet masjientjies 'n moet as mens Greyton toe gaan. Baie muskiete gehad, maar ons het masjientjies saamgevat so dit was geen probleem. Sal weer van die huis gebruik maak.

Louise R - Okt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Louise R

Fantasties!

Baie dankie vir 'n wonderlike week in Greyton. Alles was puik. Maria bak ook definitief die lekkerste brood en vetkoek. Kom graag weer.

De Oude Pastorie's terugvoer

Ons is ongelooflik bly jul het die tydtjie by Oude Pastorie geniet Louise. Baie dankie vir die postitewe terugvoering, ons sien uit om jul weer by ons te sien.

De Oude Pastorie
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 11)
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 11)
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 11)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat 28, Greyton, 7233, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc3YjI5ZWE4LTZlY2EtNDYyOS1iZmFmLWVlMjNhZTczOTE3MA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 500  per nag (plek vir 11) 14 5 1 5 28 Main Street Greyton 7233 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.050546867493 19.607075269312
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!