De Valle 60

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

De Valle 60 is 'n selfsorgwoonstel wat op Diazstrand-boulevard naby aan verskeie doendinge en net 100 m van die strand af geleë is. Hierdie ruim woonstel is geskik vir 6 mense en dis ten volle gemeubileerd.

Die eenheid beslaan 3 stylvolle slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-sitkamer en 'n ten volle toegeruste kombuis. Daar is dubbelbeddens in 2 van die slaapkamers en die ander slaapkamer beskik oor 2 enkelbeddens. In die 1 badkamer is daar 'n bad en in die ander badkamer is daar 'n stort. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas met 'n vrieshokkie, 'n mikrogolfoond, eetgerei, 'n broodrooster, 'n wasmasjien en 'n ketel. Die eetkamerarea het 'n binnenshuise braaiplek en 'n eetkamertafel en dit bied toegang tot 'n balkon wat oor die see uitkyk. Die sitkamerarea het gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV met volledige DStv.

'n Toesluit-motorhuis is beskikbaar. Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en 'n braaiplek. Die Diaz-stand Vermaaksentrum het oorgenoeg doendinge vir ieder en elk. Daar is 'n binnenshuise verhitte swembad, 'n mengeldrankiekroeg, 'n ten volle gelisensieerde restaurant en 'n mini-gholfbaan.

Slaapplek

'n Bespreking by De Valle 60 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na De Valle 60 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za